Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
Jana Kruger: 'Ons moet leer om na ons liggame te luister'
Duiwelspoort
Jana Kruger as Antoinette Aucamp in Duiwelspoort.

Sy het net weer in die inperkingstyd geleer om na haar liggaam te luister.

“Ons moet skoon leef en ons lyf respekteer om aan die ander kant uit te kom,” sê die aktrise Jana Kruger.

Sy speel die hoofrol in Netwerk24 se jongste blitsreeks, Duiwelspoort. Die eerste episode kan op Maandag 14 September op Netwerk24 gekyk word.

LEES OOK: Nuwe blitsreeks, Duiwelspoort, eersdaags op NW24

“Ek wil niks of niemand ondermyn nie, maar ek koop nie te veel by ’n vreesgedrewe agenda in nie,” sê sy oor die onderwerp van die pandemie wat ’n mens deesdae in byna geen gesprek kan vryspring nie.

KYK DIE LOKPRENT VAN DUIWELSPOORT:

Vir Kruger, veral bekend om haar rolle in 7de laan, Egoli, Erfsondes en Treurgrond, het die formaat van ’n blitsreeks haar baie opgewonde gemaak.

“Ek het die formaat geniet, sowel as die feit dat ons dit in ’n kort tydperk (van drie weke) moes skiet. As ma van drie wat tussendeur homeschool, het hierdie reeks my soos ’n handskoen gepas. Dit was intens, maar ek verkies dit enige dag bo rondsit en wag op stel.”

Kruger vertolk die hoofrol van die matriarg, Antoinette Aucamp, in Duiwelspoort.

Duiwelspoort
Jana Kruger as Antoinette Aucamp.

“Status en haar ego keer haar om haarself vry te maak deur bloot die waarheid te vertel,” meen Kruger.

Intekenare kan uitsien na ’n hele klomp kinkels in dié familiesage, voeg sy by.

“Ek het gedink die skrywer, Handrie Basson, het dit besonder doeltreffend reggekry om letterlik elke episode met ’n amazingcliffhanger te laat eindig. Ek wou ná die einde van elke episode wéét wat gaan volgende gebeur.”

Nie net is Duiwelspoort heerlike kykstof nie, dit pas ook gemaklik by kykers se besige skedule in.

“In die warboel van die samelewing is hierdie reeks ideaal vir die kyker wat ’n vinnige WhatsApp-, Instagram- of Facebook-video sal kyk wanneer hy/sy browse en nie noodwendig ’n halfuur het om aan ’n sepie af te staan nie.”

Waaroor gaan Duiwelspoort?

Duiwelspoort is ’n familiedrama waarin ’n gesin se geheime blootgelê word. Ontmoet vir Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in dié familie wys.

Duiwelspoort
Jana Kruger saam met regisseur van Duiwelspoort, Nina Swart.

Wie is Antoinette?

Antoinette is ’n weduwee wie se man 25 jaar gelede dood is. Sy is nooit weer getroud nie, en is die enigste kind en dus erfgenaam van die De Waal-plaas. Antoinette is deur die huiswerker, Maggie (June van Merch), grootgemaak, die klein adellike van die huis. ’n Verwronge verwysingsraamwerk van status, mag en posisie is die gereedskap waarmee sy die lewe aanpak. Hierdie statusgedrewe vrou sal alles moontlik doen om te keer dat haar geheime op die lappe kom. Sy is ’n ma van twee, maar daar is geen konneksie of diepte in haar verhouding met haar kinders nie.

Duiwelspoort
Agter die skerms op die stel van Duiwelspoort.

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weeksdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit. Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

Het jy Netwerk24 se vorige twee sepies misgeloop?

Klik hier om Die Testament te kyk.

Klik hier om Op en Af te kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.