Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
KYK: Duiwelspoort begin Maandag. Dís wat jy kan verwag

Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks begin Maandag, 14 September. Hier is wat jy kan verwag.

Duiwelspoort

Waaroor gaan Duiwelspoort?

Duiwelspoort is ’n familiedrama waarin een gesin se geheime blootgelê word. Ontmoet Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in dié familie wys.

KYK HIER NA DIE LOKPRENT VAN DIE EERSTE WEEK: 

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weeksdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit. Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

Ontmoet die karakters

Antoinette Aucamp (Jana Kruger)
Antoinette Aucamp (Jana Kruger)

Antoinette Aucamp (Jana Kruger) is ’n weduwee. Haar man is 25 jaar gelede dood. Sy is nooit weer getroud nie en is die enigste erfgenaam van die De Waal-plaas. Hierdie statusgedrewe vrou sal alles moontlik doen om te keer dat haar geheime op die lappe kom.

Alexia Aucamp-Deetlefs (Lea Vivier)
Alexia Aucamp-Deetlefs (Lea Vivier)

Alexia Aucamp-Deetlefs (Lea Vivier), Antoinette se dogter, is ’n familievaste vrou wat haar lewe vir haar kind, Emma, en haar broer sal gee. Alex se wispelturige verhouding met die pa van haar kind veroorsaak dat sy altyd gereed is om te veg of te vlug. Sy probeer ook altyd opstaan vir reg en geregtigheid.

Chris Deetlefs (Wynand Ferreira)
Chris Deetlefs (Wynand Ferreira)

Chris Deetlefs (Wynand Ferreira) is Alex se man. Hy is ’n welaf weeskind wat sukkel om verby enigiets te kyk wat ’n rok dra.

Maggie Cloete (June van Merch)
Maggie Cloete (June van Merch)

Maggie Cloete (June van Merch) is gebore op die De Waal-familieplaas. Sy is 65 jaar oud en ’n moederfiguur vir die Aucamp-kinders. Sy weet hoe om die moeilike Antoinette te hanteer. Die plaas, sy hartseer en sy geheime is die enigste huis wat Maggie ken.

Herman Slabbert (Nico Panagio)
Herman Slabbert (Nico Panagio)

Herman Slabbert (Nico Panagio) is ’n geharde skelm met ’n baie blink bokant. Hy is die mafiabaas van die dorp, maar Antoinette is sy een swakheid en hy dans na haar pype. Herman hou daarvan om grappe te maak waarvoor hyself altyd die hardste lag.

Ansie Slabbert (Milan Murray) is Herman se vrou –
Ansie Slabbert (Milan Murray) is Herman se vrou – kinderloos, valerig, stil, gedienstig en gedweë – of skuil daar iets meer agter die stilte?

Ansie Slabbert (Milan Murray) is Herman se vrou – kinderloos, valerig, stil, gedienstig en gedweë – of skuil daar iets meer agter die stilte?

Sakkie Hardcastle (Carel Nel)
Sakkie Hardcastle (Carel Nel)

Sakkie Hardcastle (Carel Nel), die begrafnisondernemer op die dorp, is nog altyd ’n bietjie anders. Hy word vinnig afgepers en geïntimideer. Hy is gay, en op die platteland is dit nog meer taboe.

De Waal Aucamp (Pascual Wakefield)
De Waal Aucamp (Pascual Wakefield)

De Waal Aucamp (Pascual Wakefield) is ’n sterk en sjarmante jong man wat bekend is daarvoor dat hy ander mense se probleme oplos. Hy is welberese en het goeie smaak. Hy is Emma se pret, gay peetpa.

Melody Meyer (Devonecia Swartz)
Melody Meyer (Devonecia Swartz)

Melody Meyer (Devonecia Swartz) is ’n intelligente jong prokureur van die Kaapse Vlakte, ’n avontuurlustige, dapper jong vrou waaroor mense mal is.

ET Williams (Cantona James)
ET Williams (Cantona James)

ET Williams (Cantona James) is een van Melody se beste vriende en ’n IT-bleeksiel.

Bertus Schoeman (Waldemar Schultz)
Bertus Schoeman (Waldemar Schultz)

Bertus Schoeman (Waldemar Schultz) is ’n inkommer op die dorp, ’n effense lamsak-prokureur wat met Mitzi getrou het omdat hy gedink het sy het geld. Hy het Herman ook al ’n hele paar keer in die hof uit die knyp gered.

Mitzi Schoeman (Roeline Daneel)
Mitzi Schoeman (Roeline Daneel)

Mitzi Schoeman (Roeline Daneel) is die skinderbek van die dorp wat op ’n manier almal se geheime ken en dit graag oorvertel.

Rocky (Laudo Liebenberg)
Rocky (Laudo Liebenberg)

Rocky (Laudo Liebenberg) is ’n spiertier wat ’n lewe daarvan maak om ander te intimideer. Hoewel hy enigiets vir geld sal doen, is hy maar ongepoets en maak hy maklik foute.

Het jy Netwerk24 se vorige twee sepies misgeloop?

Klik hier om Die Testament te kyk.

Klik hier om Op en Af te kyk.

Meer oor:  Duiwelspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.