Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
LUISTER: Duiwelspoort se eie temalied!
Musiekvideo
Larah Eksteen in die musiekvideo vir Duiwelspoort se temalied.

Ná 15 bladsye het sy presies geweet hoe die temalied vir Duiwelspoort gaan klink.

“Die reeks is donker en intens. Dis nie maanskyn en rose nie. Dis byna so epies soos die Kaapse berge,” sê die musikant Larah Eksteen wat die temalied vir Duiwelspoort gekomponeer het.

LEES OOK: Duiwelspoort: 'Ek loop al 'n dekade rond met dié idee'

“Daar is nie ’n dooie oomblik in Duiwelspoort nie, maar ten spyte van die spannende en donker ondertoon is dit net visueel ontsettende mooi.

“Dit was ’n seëning om tydens die inperking te kon verfilm. Almal in die kunste het baie swaar getrek en Duiwelspoort was ’n silver lining ná alles. Weens die inperking was baie akteurs beskikbaar en die kanse is groot dat een van jou gunstelinge in hierdie reeks verskyn!”

LUISTER NA DUIWELSPOORT SE TEMALIED:

Drie maande voor haar derde verjaardag het Larah vir die eerste keer ’n viool opgetel en net daar besluit om dit nooit weer neer te sit nie.

“My ma is ’n musikant en my hele musiekstorie het met daardie viool in my hande skuins voor my derde verjaardag begin.”

LEES OOK: Nuwe blitsreeks, Duiwelspoort, eersdaags op NW24

Larah is klassiek opgelei en het musiek studeer, maar sy het nog altyd na alles, van jazz tot elektroniese musiek, geluister en ’n groot verskeidenheid musiek “geabsorbeer”.

Larah Eksteen.
Larah Eksteen.

Sy het pas haar debuutalbum, Anywhere, op bandcamp.com uitgereik. Dit sal in Oktober ook op Spotify en iTunes beskikbaar wees.

KLIK HIER OM ANYWHERE TE LUISTER.

Die album is ’n inperkingsprojek. Larah het self die musiek geskryf, gemeng en vervaardig.

“Die liedjies is uit verskillende genres, maar dit val almal onder die electronic-kombers. Dit het elemente van world music, dream pop en new jazz.”

Die album het vier enkelsnitte en vier oorspronklike titels.

“Die doel van die album was om iets moois te skryf in hierdie tyd; iets met emosie wat ’n mens kan opbeur. Ten spyte van alles het ons darem nog musiek,” sê sy.

Waaroor gaan ‘Duiwelspoort’?

Duiwelspoort is ’n drama waarin ’n gesin se geheime blootgelê word.

Ontmoet vir Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

KYK DIE LOKPRENT VAN DUIWELSPOORT:

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in die gesin se fasade wys.

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weekdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit.

Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbepaalde tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

Meer oor:  Duiwelspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.