Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
Ouma Elsabé spring in wyl Roeline Daneel werk aan ‘Duiwelspoort’

Roeline Daneel
Roeline, haar ma Elsabé en klein Alexa. Foto: Jenni Elizabeth

Ouma Elsabé Daneel het ingespring om na baba Alexa te kyk, terwyl haar dogter, Roeline Daneel, aan Duiwelspoort verfilm het.

“Ek kan as nuwe ma nie my man en ma genoeg bedank vir die ekstra las wat hulle moes dra om die nuweling te versorg tydens verfilming nie.

“Dit kos baie beplanning om ’n ma te wees! Dit was wonderlik om so baie van die kosbare eerste paar maande van Alexa se lewe eerstehands te beleef omdat ons noodgedwonge tuis was.”

Roeline Daneel
Roeline, haar man Werner en Alexa.

In die lente van 2019 het Roeline en haar argitek-man, Werner Lotz, hul eersteling, Alexa Lotz, in die wêreld verwelkom.

Op vlak 5 en 4 van die inperking was daar drie generasies Daneel-vroue in die huis: “My ma en my dogter het nou ’n geweldige noue band,” sê sy.

Roeline vertolk die rol van Mitzi Schoeman in Duiwelspoort. Mitzi is ’n haarkapper en die skinderbek van die dorp wat op ’n manier almal se geheime ken én dit graag oorvertel.

LEES OOK: Jana Kruger: 'Ons moet leer om na ons liggame te luister'

Duiwelspoort is Netwerk24 se nuwe blitsreeks. Die eerste episode kan op 14 September op Netwerk24 gekyk word.

“Mitzi kan dalk oorkom as ’n babbelbek met nie te veel tussen die ore nie, maar sy is skerp, lojaal en haar hart is op die regte plek,” sê Roeline van haar karakter.

Roeline Daneel as Mitzi Schoeman
Roeline Daneel as Mitzi Schoeman.

“Sy is amper soos ’n toevallige sidekick vir Charlie’s Angles. Haar energie en waarnemingsvermoëns maak van haar ’n goeie speurder!”

Roeline is onder meer bekend vir haar rolle in Fynskrif, Die Boekklub, Die Boland moorde, Johnny is nie dood nie (2016), Krotoa (2017) en Skoonheid (2011) met ’n emmer vol teaterproduksies, waaronder My mense is die kluts kwyt, Die ryk weduwee en Blou uur val.

Volgens haar was dit wonderlik om ná ’n hele paar stil maande vir baie akteurs en kunstenaars weer te kan werk,

“hoewel dit maar anders was”.

“Dit was moeilik om mekaar ná al die maande in isolasie nie met ’n drukkie te kon groet nie. Om ou vriende en kollegas op ’n nuwe stel raak te loop, voel altyd soos ’n reünie, en des te meer op die stel van Duiwelspoort omdat dit vir baie van ons weer ons eerste werk voor die kameras was.

LEES OOK: Laudo is dankbaar om weer te kan skep

“Dit was wonderlik om weer kreatief te wees en by mekaar te hoor hoe ons tydens inperking cope. Dit was bemoedigend om by mekaar te hoor wat alles in die bedryf aangaan en watter ander opwindende projekte op pad is.”

Roeline en ALexa
Roeline en klein Alexa. Foto: Mia Liebenberg

Buiten Duiwelspoort, is Roeline ook in een van Netwerk24 en die KKNK se Kortom-kortrolprente, Nappy Blues, te sien. Sy sal ook van 22 September in die nuwe kykNET-reeks, Kompleks, te sien wees wat ook tydens die inperking verfilm is, en sy hou haarself ook besig met die oorklanking van ’n Turkse televisiereeks.

KYK KORTFILM: Roeline Daneel in Nappy Blues

Oor Duiwelspoort sê sy: “Dit is die ideale reeks vir iemand wat ’n kort tydjie om te kry: Terwyl jy vir jou kinders by die skool wag, op ’n smoke break is of op die bus op pad werk toe is.”

Waaroor gaan ‘Duiwelspoort’?

Duiwelspoort is ’n drama waarin ’n gesin se geheime blootgelê word.

Ontmoet vir Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in dié gesin wys.

KYK DIE LOKPRENT VAN DUIWELSPOORT:

Ontmoet vir Mitzi Schoeman

Mitzi Schoeman (Roeline Daneel) is die skinderbek van die dorp wat op ’n manier almal se geheime ken en dit graag oorvertel.

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

LEES OOK: Nuwe blitsreeks, Duiwelspoort, eersdaags op NW24

Ons reik elke weekdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit. Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbepaalde tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

Meer oor:  Duiwelspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.