Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 1

Op VIA (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram Geldhelde ontmoet die TV-aanbieder, Lucky du Plessis, entrepreneurs, inspirerende planmakers, en geldkenners wat hul suksesstories en finansiële raad met kykers deel.

Lucky du Plessis
Lucky du Plessis

Geldheld van die week

Dawie Roodt is die uitvoerende direkteur en hoofekonoom van die Efficient Group. Hy het met die program-aanbieder, Lucky du Plessis, oor spaar gesels – ’n konsep wat baie Suid-Afrikaners nog mee sukkel.

Dawie Roodt
Dawie Roodt

Hy definieer spaar as “uitgestelde verbruik”. Hy verduidelik verder: “Om nie alles wat jy nóú geproduseer het, nóú op te gebruik nie, maar eerder net ’n gedeelte daarvan te gebruik sodat jy in die toekoms ’n ander stukkie kan gebruik.”

Hoekom is spaar so belangrik?

Volgens Jeanette Marais, adjunk- uitvoerende hoof van Momentum Metropolitan-groep, werk saamgestelde rente soos volg: Dit is wanneer die waarde van jou belegging kan groei tot waar ’n groot persentasie van jou spaargeld skoon rente is.

Finansiële doelwitte loop ook hand aan hand hiermee. Hanteer jou beleggingsdoelwitte soos ’n marathon – met uithouvermoë en dissipline sal jy die wenstreep haal.

Hoe vroeër jy begin spaar, hoe meer en vinniger sal jou rente kan groei.

Hoe vroeër jy begin spaar, hoe meer en vinniger sal jou rente kan groei. Maak seker jy spaar op die regte plek en belê in ’n produk wat goeie groei sal hê.

’n Belastingvrye spaarplan is die heel belangrikste.

Marais verwys daarna as die kroonbestandeel van spaar. Daar ontstaan ’n krag tussen saamgestelde rente en belastingbesparing, want jy verdien nie net jou saamgestelde rente nie, jy spaar ook in die proses op belasting.

Jeanette Marais
Jeanette Marais

Marais haal die bekende ekonoom Laurie Dippenaar aan: “Wanneer jy aan saamgestelde rente dink, werk dit so: Die persoon wat saamgestelde rente verstaan, verdien dit. En die persoon wat dit nie verstaan nie, betaal dit.”

Dit is die verskil tussen iemand wat hul finansiële doelwitte sal bereik en wie nie daarby gaan uitkom nie.

Bekende rockgroep se suksesstorie

Fokofpolisiekar kan vandag as ’n handelsmerk op sy eie gekenmerk word. Wynand Myburgh, baskitaarspeler van dié rockgroep, staan al jare lank aan die stuur van sake.

Wynand Myburgh
Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar

Dié groep se kroeg, bier, handelsitems en wêreldwye roem getuig vandag van hul suksesverhaal.

Myburgh noem dat die persepsie van die rock band-lewe homself vooruitloop en dat ’n suksesvolle groep eintlik as ’n onderneming bestuur moet word.

As jy jou geld reg bestee, kan jy jou geld oor ’n baie langer tyd gebruik.

As jy jou geld reg bestee, kan jy jou geld oor ’n baie langer tyd gebruik.

Speel met aandele

Spaar word gewoonlik met ’n spesifieke suksesresep geassosieer en ’n spesifieke bedrag wat weggesit moet word, maar dit is blykbaar nie die enigste manier nie.

Volgens Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, en Katlego Mei, Verso Wealth se finansiële beplanner, is ’n noodfonds die boublok van spaar.

“ ’n Noodfonds is soos ’n legkaart. Dis een van die kleinste elemente, maar dis ’n kritiese element en baie keer die een waarmee jy begin,” sê Vorster.

Die basiese beginsel van spaar is om maandeinde geld oor te hê.

Die basiese beginsel van spaar is om maandeinde geld oor te hê.

Die 2020 Aandele-brekerspan op VIA se program Geldhelde, leer hierdie beginsel deur met aandele te werk. Vorster en Steven Schultz, uitvoerende hoof van Momentum Sekuriteite, gaan kyk hoe spanne met R20 000 se aandele op Momentum se aanlyn platform koop en verkoop.

Die spanne wat na vier maande die grootste opbrengs maak, wen dan die R20 000 wat hulle in die aandelemark kan belê.

  • Om weeklikse episodes van Geldhelde te volg, skakel Maandae om 19:30 in op VIA (DStv kanaal-147).
Meer oor:  Via  |  Geldhelde  |  Spaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.