Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 2

Só oorkom jy werkloosheid en die gevolge

Hoe gemaak as jy skielik jou werk verloor? En hoe raak jou werkloosheid jou en jou gesin se lewe?

In hierdie episode van VIA (DStv-kanaal 147) se Geldhelde maak kykers kennis met hoe om finansiële voorsorg vir so ’n situasie te tref en ook watter stappe gedoen moet word.

Kenners, entrepreneurs en konsultante in die gebied praat met die aanbieder, Lucky du Plessis.

Lucky du Plessis
Lucky du Plessis

Produktiwiteit die belangrikste

Ma-entrepreneur se deeltydse en buigsame werk is die toekoms.

Phillipa Geard, die uitvoerende hoof en stigter van die digitale maatskappy RecruitMyMom.co.za, het ’n oplossing vir ’n algemene “probleem” gekry.

Phillipa Geard, die uitvoerende hoof en stigter va
Phillipa Geard, die uitvoerende hoof en stigter van die digitale maatskappy RecruitMyMom.co.za

Dié ma-entrepreneur se maatskappy reik namens werklose mense of diegene wat nie meer daagliks in ’n kantoor wil of kan werk nie (hoofsaaklik ma’s) uit na maatskappye. Op hierdie manier verseker sy hulle van ’n meer deeltydse en buigsame werkomgewing.

Ons word steeds deur die outydse siening dat “jy net produktief is as jy by jou lessenaar sit” in die gesig gestaar, maar een van die slagspreuke waarin RecruitMyMom.co.za glo, is dat produktiwiteit belangriker as teenwoordigheid is.

Jeanette Marais van Momentum
Jeanette Marais van Momentum

In Suid-Afrika is 30% van die bevolking werkloos en die waarskynlikheid dat jy onverwags jóú werk kan verloor, is groot. Jeanette Marais van Momentum deel ’n paar wenke:

Wat as jy skielik jou werk verloor?

1. Bespreek die situasie met jou gesin sodat almal saamwerk om die absolute noodsaaklikhede te identifiseer en te prioritiseer.

2. As jy voorsiening maak vir ’n noodfonds, sal dit jou ’n rukkie kan help.

3. Jy en jou gesin sal jul lewenstandaard moet aanpas.

4. Maak gebruik van kredietversekering – op hierdie manier sal ’n paaiement byvoorbeeld vir ’n tydperk betaal word. Momentum se huisleningsbeskermer is ’n goeie voorbeeld van waar jou huispaaiement vir tot en met 12 maande betaal kan word sou jy afgelê word.

Wat van jou skuld?

1. Jy en jou gesin kan saamwerk om geld op ’n ander manier te genereer.

2. Prioritiseer die skuld wat jy eerste moet betaal.

3. Maak kontak met jou finansiële instelling en lig hulle in oor jou situasie. Om slegs op te hou betaal is nie ’n slim besluit nie. Hulle bied dalk aan om jou skuld twee of drie maande te betaal.

Yashmita se omdraai-suksesstorie

Yashmita Bhana van die Nihka Technology Group was ’n aandeelhouer in ’n maatskappy wat finansieel skipbreuk gely het.

Yashmita Bhana van die Nihka Technology Group
Yashmita Bhana van die Nihka Technology Group

Yashmita het vroeg genoeg die gevaarligte gesien en haar eie suksesvolle maatskappy gestig. Sy wou graag ’n werkgewer wees en sy wou nie net werk vir ander doen nie.

Sy glo dat jy vandag nie altyd die beste kwalifikasie nodig het om sukses te behaal nie, dit is volharding en uithouvermoë wat jou sukses sal bepaal.

Hoogwatermerk vir aandelebrekers-kompetisie

Diegene wat sukses in die lewe behaal, is hulle wat in hulself en wat die toekoms vir hulle inhou, glo.

In hierdie week se episode sit Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, en Steven Schultz, uitvoerende hoof van Momentum Sekuriteite, ’n kinkel in die aandelebrekers-kompetisie – ’n geheime span word as hoogwatermerk bygevoeg.

Diegene wat sukses in die lewe behaal, is hulle wat in hulself en wat die toekoms vir hulle inhou, glo.

Dié span bestaan uit tien gr. 6-leerlinge van die Laerskool Jan Celliers. Hulle moet ’n portefeulje opstel asof hulle R20 000 het om tien aandele te koop. Hierdie tien aandele moet elk uiteindelik 10% van die portefeulje uitmaak.

Dit is duidelik dat die kinders se fokus nie net in Suid-Afrika lê nie, maar ook wêreldwyd. Die grootmense gaan hul bes moet doen om die leerlinge se portefeulje te klop.

  • Skakel Maandae om 19:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) om Geldhelde te kyk.
Meer oor:  Werkloosheid  |  Via  |  Geldhelde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.