Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 3

Almal van ons is seker bekend met daardie gevoel wanneer jy bitter graag iets wil hê, maar weet jy kan dit nie bekostig nie – en ewe skielik sit jy met skuld.

Hoekom het soveel mense skuld en wat is die stappe om ’n skuldvrye toekoms vir jouself te verseker?

Op hierdie week se Geldhelde op VIA (DStv-kanaal 147) word die erns van skuld bespreek.

Lucky du Plessis, die aanbieder, raadpleeg kenners, konsultante en ’n skuldberader om dieper in hierdie onderwerp te delf.

Neil Roets se wenke

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, een van die grootste skuldberadingsmaatskappye in Suid-Afrika gee ’n wenk oor skuldafbetaling: “Moenie, soos almal sê, met jou skuld wat die hoogste rentekoers het, begin nie, begin eerder by die kleinste skuld.”

Op hierdie manier raak jy gemotiveerd om die volgende en die volgende skuld af te betaal, sê hy.

Moet ook nie jou skuld vermy nie. Dit is nie so ’n maklike taak nie, maar as jy op ’n jong ouderdom reeds jou verhouding met skuld kan stabiliseer, sal dit soveel vir jou finansiële toekoms beteken.

Daar is ’n slegte konnotasie aan skuld, juis omdat dit rente is en op lang termyn is rente jou grootste vyand. Jy kan nie daarvan loskom nie, jy móét dit afbetaal.

Jeanette Marais van Momentum sê dat “rente regtig ’n groot vyand is en dis hoekom skuld so sleg is”.

’n Voorbeeld van beter skuld is studieskuld en ’n huislening. Dit verseker vir jou iets in jou toekoms. Korttermynskuld word as slegter skuld beskou. Dit sluit jou kredietkaart, skuld op meubels en toebehore en klereskuld in.

Die rente wat jy hierop betaal kan selfs dubbeld die bedrag word as wat jy oorspronklik sou betaal.

Weerspieël jou lewenstyl jou maandelikse inkomste?

Kristia van Heerden, bestuurder van die gratis aanlyn finansiële opvoedkundige platform Just One Lap en aanbieder van die podsending The Fat Wallet Show, het op ’n jong ouderdom reeds baie skuld aangegaan. Op ’n maandelikse salaris van R10 000 het sy R100 000 se skuld aangegaan.

Van Heerden vertel dat sy begin het deur die kleinste skuld af te betaal. Sy sê ook dat sy dit moes aanvaar dat haar leefstyl en inkomste nie in ooreenstemming met mekaar is nie.

Just One Lap glo dat enigiemand ’n finansiële struktuur vir hulself kan skep, dus word gratis inligting aangebied vir mense om die regte finansiële stappe te doen.

“Anaanvaar dat die geld wat jy verdien, die geld is wat jy het. Dis ’n goeie begin,” sê Van Heerden

Week 3 van die aandelebrekers-kompetisie

Vandeesweek spring die aandelebrekerspanne uit die blokke en wys ons of hulle kon regkry om hul R20 000 te laat groei.

  • Die Jan Cilliers-skoliere, wat as die speletjie se verwysingspunt dien, lê tans in die laaste plek met R18 589,96.
  • Team Vista het geen opbrengs gelewer nie en bevind hulself in die rooi op R19 279.
  • Amakipkip en Fearless sit steeds met ’n beginbedrag van R20 000.
  • Penny Divas is die vroeë voorlopers en die enigste span wat tot dusver geld gemaak het en wat nou R20 451,40 het.

Skakel Maandae om 19:30 in op VIA om Geldhelde te volg.


Meer oor:  Skuld  |  Via  |  Geldhelde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.