Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 4

Om finansiële voorsorg vir die toekoms te tref is nie in elke ou se verwysingsraamwerk nie. Ons moet besef dat om finansiële sukses op lang termyn te verseker beplanning verg.

In hierdie komplekse wêreld is dit moeilik om rasionele besluite te neem, veral wanneer dit by ons persoonlike finansies kom. In die vierde episode van Geldhelde, VIA se geldsakeprogram, gesels die aanbieder, Lucky du Plessis, met verskeie kenners, geldhelde, finansiële adviseurs en entrepreneurs om te verstaan hoekom finansiële beplanning ’n groot deel van jou toekomsbeplanning moet uitmaak.

Hoe vroeër, hoe beter

Geldhelde

Rayno van Vuuren, finansiële adviseur by attooh!, noem dat hy al menigmaal die gevolge van slegte finansiële voorsorg sien uitspeel het. By attooh! is die doel om uiteindelik verskeie spesialiste in die praktyk bymekaar te bring en vir die kliënt die beste moontlike raad, diens en waarde te lewer.

Dit sal jou meer baat om vroeër eerder as later met finansiële beplanning te begin.

Dit sal jou meer baat om vroeër eerder as later met finansiële beplanning te begin.

“Om sekere beginsels op ’n jong ouderdom te verstaan en te implementeer, sal jou ’n ongelooflike voorsprong gee bo iemand wat eers op ’n latere ouderdom begin kyk na hul finansiële beplanning,” sê Van Vuuren.

Wenke vir finansiële beplanning

Die meeste mense is emosioneel betrokke by hul persoonlike geldsake. Dit is belangrik om te besef dat daar ’n rasionele stem oor jou geldplan en -struktuur moet wees vir jou om die beste keuses hieroor te kan maak.

• Besluit op die regte adviseur en maak seker julle het ’n goeie verstandhouding.

• Wees altyd 100% eerlik met jou finansiële adviseur wat jou geldsake betref.

• Stel altyd jou adviseur dadelik in kennis van enige veranderinge wat moontlik jou finansiële planne kan beïnvloed.

Hoe kies jy die regte adviseur?

Daar is verskeie maniere om seker te wees dat jy die regte besluit maak:

• Raadpleeg ’n vertroulike verwysing.

• Besoek www.momentum.co.za/planner vir ’n lys van gelisensieerde adviseurs.

• Die Gedragsowerheid vir die Finansiëledienstesektor (www.fsca.co.za) is die raad wat adviseurs se lisensiëring reguleer. Gebruik hierdie platform om seker te maak dat jou gekose adviseur die regte kwalifikasies het.

Leer om jou finansiële beplanning te verstaan

Geldhelde

Nadine Petzer, besturende direkteur van Nutriseed en The Heath Food Emporium, het ’n paar jaar gelede haar maandelikse salaris van R50 000 verruil vir ’n geleentheid om haar eie onderneming te begin.

Haar maandelikse inkomste het gevolglik tot R3 500 geval. Gelukkig het sy vooraf reeds vir haarself ’n neseier bymekaar gemaak en ook die nodige finansies in plek gehad.

Gelukkig het sy vooraf reeds vir haarself ’n neseier bymekaar gemaak en ook die nodige finansies in plek gehad.

Soos die onderneming gegroei het, het sy nie altyd in goeie finansiële advies belê nie. Gevolglik het die onderneming se geldsake groot probleme ervaar. Petzer raai entrepreneurs aan om hul finansies behoorlik te verstaan om die skip beter te kan stuur.

Week 3 van die Aandelebrekers-kompetisie

Geldhelde

Hierdie week lê Steven Schultz, uitvoerende hoof van Momentum: Sekuriteite, besoek af by die Fearless- en Amakipkip-spanne en ons vind uit wie tans voorloop in die kompetisie en in wie se oë daar stof geskop word. Elke span het die fiktiewe bedrag van R20 000 gekry om mee te woeker. Fearless het uiteindelik aandele gekoop.

Amakipkip het twee belangrike reëls in die kompetisie oortree. Hulle het ’n aandeel gekoop wat hulle nie mag nie, asook te min.

Fearless is tans laaste op die punteleer met die bedrag van R18 967,35, terwyl die Jan Celliers-skoliere ’n klein bietjie opgeskuif het met R19 032,12.

Team Vista en Amakipkip het albei uiteindelik verby die beginpunt beweeg met bedrae van R20 171,59 en R20 356,87 onderskeidelik, maar Penny Divas is steeds die voorlopers met ’n opbrengs van R20 912,36.

Skakel Maandae om 19:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) om Geldhelde te volg.


Meer oor:  Via  |  Geldhelde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.