Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 5

Een van die grootste probleme in ons land is dat daar te veel jong mense is wat nie opvoeding ontvang nie.

  • Hoe kan ons seker maak ons prioritiseer die opvoeding van ’n kind?
  • Wanneer is opvoeding wel van belang en hoe kry sekere mense dit reg om miljoenêrs, sonder ’n graad agter hul naam, te wees?

In hierdie week se episode van VIA (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram, Geldhelde, raadpleeg die aanbieder, Lucky du Plessis, weer geldkenners, adviseurs en entrepreneurs om te gesels oor die belangrikheid van nagraadse studies en die lewensbelegging wat daarmee gepaardgaan.

Daar’s nie iets soos oorgekwalifiseerd nie

Dr. Judey Pretorius, uitvoerende beampte van Biomedical Emporium wat ’n reeks produkte vir die farmaseutiese-, kosmetiese- en mediesetoestelbedryf vervaardig, sê dis belangrik om jouself so veel as moontlik te bemagtig.

Geldhelde

“ ’n Mens moet altyd oop wees vir alle tipes opleiding, hetsy dit formeel of informeel is. Groei is groei en ervaring is ervaring,” sê Pretorius.

Volgens Pretorius was haar grootste belegging in haarself en die feit dat sy verder studeer het. Vandag baat sy finansieel as gevolg van haar kwalifikasies. Sy is ’n akademiese doktor in biomediese wetenskap en glo nie daarin dat mens ooit oorgekwalifiseerd kan wees nie.

Hoe belangrik is tersiêre opvoeding?

In vandag se tyd is dit nie die enigste manier om oor die weg te kom nie, maar as jy as ouer die vermoë het om jou kind die geleentheid vir tersiêre opvoeding te bied, sal dit jou kind altyd ’n voorsprong kan gee.

Geldhelde

Volgens Jeanette Marais van Momentum moet jy ook besef “jy kry meer uit universiteit as net die boekekennis”. Dit is ook nie maklik om deesdae by ’n maatskappy vir werk aansoek te doen as jy nie ’n vorm van tersiêre opleiding het nie.

Daar is deesdae so ’n wyse keuse van gegradueerdes teen wie jy sal moet meeding. ’n Graad sal altyd jou kanse vir ’n werk verbeter.

Hoe kan ’n mens finansieel vir jou kind se opvoeding beplan?

• Bepaal wat die uiteindelike doelwit sal wees. Wat die bedrag geld is wat jy sal betaal en ook oor watter tydperk dit bestee sal word.

• Begin geld wegsit sodra jou kind gebore word, want vir ses jaar (voor jou kind skool toe gaan) sal daardie geld vinniger kan groei omdat daar nog nie daarvan gebruik sal word nie.

• Raadpleeg ’n adviseur om te bepaal watter produk die beste opsie vir jou sal wees.

• Dit is belangrik dat jou produk gekoppel is aan jou uiteindelike doelwit.

Jou kind se toekoms lê vanselfsprekend in jou hande en soos Jeanette sê: “Die belegging wat jy maak in jou kind se toekoms gaan op lang termyn die beste belegging wees wat jy ooit kan maak.”

Sukses sonder kwalifikasies

Geldhelde

Lynné de Jager, voormalige Mev. Suid-Afrika en suksesvolle sake-eienaar, se lewe getuig van sukses sonder ’n kwalifikasie.

Sy is nie spyt dat sy nooit studeer het nie en glo sy was altyd ’n sprong voor haar ouderdomsgroep, juis omdat sy reeds op ’n jong ouderdom haar eie onderneming bestuur het.

De Jager is ’n bewys daarvan dat tersiêre studie nie die enigste uitweg is indien jy jou passie volg en hard daaraan werk nie.

Dit is wel belangrik om ’n goeie mentor te hê – hierdie persoon kan jou lei en goeie vaardighede aanleer.

De Jager is ’n bewys daarvan dat tersiêre studie nie die enigste uitweg is indien jy jou passie volg en hard daaraan werk nie.

Week 5 van die Aandelebrekers-kompetisie

Vandeesweek vind ons uit hoe Team Vista en Penny Divas in hul portefeuljes vertoon het. Team Vista is tans in die groen en het sedert verlede week R600 wins gemaak. Volgens Steven is Penny Divas se portefeulje op die oomblik ’n hoë risiko, maar dat hulle dit wel reggekry het om dit vir hulle te laat werk.

Ná vyf weke lyk die punteleer soos volg: Penny Divas is steeds die span om te wen met ’n opbrengs van R21 707,69, terwyl Amakipkip en Team Vista nie ver agter hulle is nie met opbrengste van R20 661,17 en R20 635,26 onderskeidelik. Die Jan Cilliers-skoliere is tans in die rooi met ’n bedrag van R19 386,40. Fearless lê steeds laaste met R18 867,92.

Soos Warren Buffet se bekende stelling lui: “The best investment you can make is an investment in yourself, the more you learn, the more you earn.”

Ons moet besef dat ons die vrugte van ons eie opofferings sal pluk en dat dit beslis deure vir ons sal oopmaak.

Skakel Maandae om 19:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) om Geldhelde te volg.


Meer oor:  Via  |  Opvoeding  |  Geldhelde  |  Toekoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.