Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 6

Om geld te begin belê is vir almal moeilik; om te kan bepaal wat jou doelwit is en hoe om daarby uit te kom. Beleggings is kompleks en hoe jy jou geld belê, bepaal immers die finansiële sukses van jou toekoms.

In vandeesweek se episode van Geldhelde, VIA (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram, raadpleeg die aanbieder, Lucky du Plessis, geldkenners, adviseurs en entrepreneurs om die erns van beleggings te bespreek. Vandeesweek word daar veral gefokus op die risiko wat jou beleggings dra en hoe om jou kapitaal na meer as een belegging te versprei.

Wat is ’n belegging?

’n Belegging is wanneer jy die gebruik van jou geld wat jy vandag het, uitstel na die toekoms. So maak jy vir die toekoms voorsiening met die hoop dat jou geld genoeg groei sal hê.

Doelwitte en beleggings

Inflasie is belangrik omdat dit die koopkrag van jou kapitaal beskerm. By Momentum is die hele reeks effektetrustbeleggings, byvoorbeeld, gekoppel aan ’n spesifieke doelwit wat met die inflasie verband hou. Sodra jou doelwit vasgestel is en ook die tydperk wat jy het om daarby uit te kom, is dit maklik om die somme te maak. Gevolglik kan die fondse waarin jy wil belê, geïdentifiseer word en die risikofaktor ook bepaal word.

Wees versigtig met aandele koop en verkoop

Geldhelde

Braam van Huyssteen, die medestigter van Mr Tekkie, sê dit is belangrik om beleggings in meer as een plek te hê, sodat jy nie als verloor wanneer dinge skeefloop nie. Hy praat uit ondervinding nadat hy sy onderneming, Tekkie Town, verloor het toe hy besluit om dit aan Steinhoff te verkoop.

Nou glo hy dat jy eerder in mense moet belê soos hy met sy nuwe onderneming gemaak het. “Ek het eers ’n familie van vyf mense gehad, maar nou het ek ’n familie van 115 mense en dis wonderlik,” sê Braam. Dit was die krag van die hele span wat Mr Tekkie suksesvol gemaak het.

Van Huyssteen stel voor dat jy jou risiko’s oor verskeie aandele versprei.

Van Huyssteen stel voor dat jy jou risiko’s oor verskeie aandele versprei. ’n Kombinasie van oorsese en Suid-Afrikaanse aandele, is volgens hom, ’n goeie manier om jou kapitaal te versprei, juis omdat Suid-Afrika se wisselkoers so wisselvallig is.

Tumi Phake se suksesstorie

Phake se lewe het verander toe ’n befondsingsinstituut R5 miljoen in sy onderneming belê het. As entrepreneur, stigter en uitvoerende hoof van die Zentele Fitness-groep het hy geleer dat mense net in iets sal belê wat genoeg waarde dra.

Zentele Fitness is reeds ná ses jaar baie suksesvol en spog met 18 gimnasiums. En dit was van die begin af Phake se plan met sy onderneming – om iets te skep wat genoeg waarde sal dra en opbou tot ’n punt waar hy dit teen ’n groot wins kan verkoop.

Geldhelde

Phake glo jy moet altyd seker maak dat jou beleggings gediversifiseerd is en jy moet ook nie alles op een plek belê nie.

Belê die meeste van jou kapitaal in konvensionele produkte en wees aggressiewer met ’n kleiner persentasie daarvan. Om, byvoorbeeld, ’n jong maatskappy of entrepreneur te finansier is ’n goeie voorbeeld. Dit is immers hoe hy sy onderneming op die been kon bring.

Die verskil tussen spaar en belê

Spaar beteken dat jy geld aan die einde van die maand oorhet. As jy geld belê, werk daardie geld vír jou. Jy sit dit op ’n plek of betaal dit in iets in wat op lang termyn vir jou kan werk.

“Jy het klaar gewerk vir jou geld, daar was toe iets oor – nou moet jou geld vir jou begin werk,” sê Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital. “Dit beteken dat waar jy vandag een koppie koffie met daardie geld sou kon koop, jy oor ’n paar jaar twee of drie koppies koffie daarmee kan koop juis omdat die groei oor ’n tydperk plaasgevind het.”

Geldhelde

Week 6 van die Aandelebrekers-kompetisie

In week 6 van die kompetisie sien ons hoe die virussiekte Covid-19 die wêreldmarkte negatief beïnvloed het, en sodoende van die spanne se aandele laat val het. Fearless sukkel om kop bo water te hou, en Amakipkip hou vas aan ’n hoëgehalteaandeel wat dalk nie betyds gaan presteer nie.

Die punteleer lyk soos volg:

Penny Divas is steeds die voorlopers met ’n opbrengs van R22 409,97; Team Vista het vandeesweek ’n groot sprong in hul opbrengs gehad met R20 933,01; Amakipkip is nie ver agter nie met ’n bedrag van R20 602,15; die Jan Celliers-leerlinge staan tans op R19 558,58, en Fearless is laaste met R19 358,86.

Dit is belangrik om te besef dat alles binne die land se netwerk van beleggings nog baie kompleks is en dat ons nie bang hoef te wees om ’n adviseur te raadpleeg nie.

Dit is belangrik om te weet hoe die netwerk werk en sodoende kan jy ’n suksesvolle finansiële toekoms vir jouself verseker. En soos Braam van Huyssteen sê: “Ons moet ons geld met geweldige respek hanteer, want geld het die nare gewoonte om op te raak. As ons na die sente kyk, sal die rande vir hulself sorg.”

Skakel Maandae om 19:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) om Geldhelde te kyk.


Meer oor:  Reeks  |  Via  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.