Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 7

Persoonlike gesondheid is enige persoon se grootste bate en ’n mediese fonds is die eerste stap om jouself en jou gesondheid te beskerm.

Mediese dienste in staatsgeriewe kos jou dalk nie so baie nie, maar daar is vrae oor die gehalte daarvan.

Hoe nodig is ’n mediese fonds werklik en hoe kies jy die regte plan vir jou en jou gesin?

Hierdie week op VIA (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram, Geldhelde, ondersoek die aanbieder, Lucky du Plessis, die belangrikheid van ’n mediese fonds.

Mediese fonds is nie ’n ‘onwillige aankoop’ nie

Geldhelde

Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Monstrante (Edms) Bpk, een van die grootste mediese skemas in die land, sê ’n mediese fonds is ’n noodsaaklikheid vir almal.

“As iemand vir my sê: ‘Ek het nie ’n mediese fonds nie, want dis ’n vermorsing van geld,’ dink ek dit is so ’n onverantwoordelike siening,” sê Rijnen.

’n Mediese fonds is belangrik omdat jy nie net verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid moet aanvaar nie, maar ook dié van jou geliefdes.

“Jy wil nie finansieel geruïneer word nie. Jy wil goeie gesondheidsorg kan kry die dag wanneer jy dit nodig het. Niemand van ons weet wat môre met ons kan gebeur nie.”

Rijnen vergelyk dit met versekering wat jy op jou motor uitneem – almal het dit, en motors lewe nie eens nie!

Geldhelde

Hoe kies ek die regte mediese fonds vir my en my gesin?

Vra jouself die volgende vrae:

1. Wat kan ek bekostig?

2. In watter toestand is my gesondheid en hoe gesond is ek?

3. Wat betaal ek aan my maandelikse mediese uitgawes?

Watter voordele dra die lojaliteitsprogramme van mediese fondse?

Die programme hou jou op die hoogte van jou eie gesondheid juis omdat dit jou dwing om vir gereelde mediese ondersoeke te gaan. Dit dwing jou om na jou gesondheid om te sien en ook bewus te wees van moontlike toestande waarvan jy nie noodwendig andersins sou weet nie. So ook kan dit help met die voorkoming van ernstige siektes of toestande.

Jou fiksheid en hoe aktief jy is, word ook op dié programme beloon. Hoe fikser en gesonder jy is, hoe laer is jou risiko vir siektes en hoe laer is die premies op jou lewensversekering en pensioenvoordele. Hoe gesonder jy is, hoe langer gaan jy leef en hoe goedkoper gaan jou mediese fonds wees.

Só kan ’n mediese fonds jou lewe red

Annerie du Plooy van die Hero Burn Foundation
Annerie du Plooy van die Hero Burn Foundation

Annerie du Plooy van die Hero Burn Foundation was 11 jaar gelede in ’n vliegtuigongeluk op ’n familieplaas in die Bosveld. Sy het vierdegraadse brandwonde opgedoen en het drie maande later vir die eerste keer wakker geword. Uiteindelik was sy ses maande in die hospitaal.

Annerie glo dat haar lewe te danke is aan haar mediese fonds en dat sy nie vandag sou geleef het as dit nie daarvoor was nie.

Haar storie getuig daarvan dat jou lewe en jou gesondheid skielik kan verander en daarom is ’n mediese fonds nie net belangrik vir diegene wat siek of oud is nie.

Week 7 van die Aandelebrekers-kompetisie

In week 7 van die kompetisie moes die spanne baie belangrike besluite weens die wisselvalligheid in die markte neem. Team Vista deel hoe die koronavirus hul aandele beïnvloed het, en beide Penny Divas en Team Vista, wat albei in Sasol belê het, moet besluit of hulle dit gaan hou of verkoop.

Die puntelys lyk soos volg: Penny Divas is nog bo met ’n bedrag van R21 439,22; Team Vista loop nie ver agter nie met R20 055,84, Amakipkip het baie geld verloor met ’n opbrengs van R19 844,70; Die Jan-Celliers-leerlinge lê op R18 986,00; en Fearless is steeds laaste met ’n bedrag van R18 719,60.

Skakel Maandae om 19:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) om Geldhelde te volg.


Meer oor:  Reeks  |  Via  |  Geldhelde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.