Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldhelde
Geldhelde: Episode 9

Baie van ons het daardie een droom of passie dat ons eendag graag ons eie besigheid wil ontwikkel. Die kapitaal en tyd daarvoor is nie altyd beskikbaar nie.

In hierdie week se episode van Geldhelde, Via (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram, word daar ondersoek ingestel na hoe mens ’n nuwe besigheid benader. Wanneer dit die regte tyd is, hoe om dit te finansier en hoe om nié jou finansiële vooruitgang op groot risiko te plaas nie. Die aanbieder, Lucky du Plessis, gesels in hierdie episode met geldkenners, besigheidseienaars en entrepreneurs om antwoorde op al hierdie vrae te kry.

Maak seker jou ‘ekstra werkie’ is jou passie

Albé Geldenhuys, die stigter en uitvoerende hoof van Ultimate Sport Nutrition (USN), waarsku dat jy nooit jou primêre werk moet los om op ’n ekstra werk te fokus nie, want dit kan jou inkomstestroom in gevaar stel.

Geldhelde

Albé se besigheid en sy deursettingsvermoë is ’n bewys van waar iemand sy passie sy voltydse inkomste kon maak. Eers nadat sy besigheid te veel van sy tyd in beslag geneem het, het hy sy primêre werk gelos om voltyds op USN te fokus.

“Maak eers seker dat dit wat jy aan dié kant begin, wel lewensvatbaar is,” sê Albé.

“Maak eers seker dat dit wat jy aan dié kant begin, wel lewensvatbaar is,” sê Albé.

Albé, wat sy ekstra werk in ’n miljardrandbesigheid omskep het, sê dis belangrik dat jy passievol daaroor is.

“Dit moet iets wees wat jou uit die bed gaan laat opspring vroeg in die oggend. Iets wat jy oor naweke ook gaan wil doen. En as jy eers dáár is met jou side hustle, dan weet jy jy’s op die regte pad,” sê Albé.

Kan ek my beleggings gebruik om my besigheid te finansier?

Voordat enige finansiële besluite geneem kan word, moet daar ’n sakeplan in plek wees. Daarna moet jy baie mooi besin of jy jou persoonlike beleggings wil gebruik om hierdie besigheid te finansier. Hierdie geld is uiteraard besig om op te bou tot ’n bedrag geld vir ’n gemaklike aftrede – wil jy werklik nou die risiko loop om daardie geld los te maak en te gebruik?

Jeanette Marais van Momentum beklemtoon die feit dat indien jou besigheidsidee platval, moet jy steeds iets hê om op terug te val.

Geldhelde

Moenie noodwendig die nuutste tendense volg nie.

Moenie alles wat jy het op hierdie “idee” bestee nie. Bou stadig aan jou besigheid, leer ken dit en weet waar presies jou risiko’s lê. Wees ook versigtig om nie noodwendig die nuutste tendense te volg nie. Net omdat jy van koffie hou en baie ander mense nou geld maak daaruit, beteken nie jy weet hoe om byvoorbeeld ’n koffiewinkel te bestuur nie.

Jeanette raai jou aan om eerder terug te staan wanneer almal iets begin doen. Wanneer niemand iets doen nie, is die tyd wanneer daar geleentheid is.

Moenie die een wees wat alles op die spel plaas en op die ou end niks oor het nie.

“Geleenthede is wanneer jy iets doen wat téén die stroom is, want dan het jy die geleentheid om geweldig te groei,” sê Jeanette.

Die heel belangrikste is om realisties te wees en nie jouself en dalk jou hele familie op die spel te plaas nie. Moenie die een wees wat alles op die spel plaas en op die ou end niks oor het nie.

Begin klein

Mabel Ledwaba, die stigter van Havilla Beauty, het as jong meisie haar eie salon in haar slaapkamer begin. Vandag is dié vryskutwerkie ’n multimiljoenrandse besigheid.

Geldhelde

Mabel raai jong besigheidseienaars aan om by die huis te begin. Só kan jy jou vaardighede opbou en uitbrei namate jy die kans kry.

“Begin klein, begin met wat jy het,” is Mabel se advies.

Handhaaf ’n goeie balans

Theo Vorster meen dat terwyl jy nie noodwendig weet waarnatoe jy op pad is nie, moet jy nie alles op risiko plaas nie. Maak seker jy handhaaf ’n balans tussen jou primêre werk, wat jou van ’n inkomste en ’n loopbaan verseker, en die stokperdjie of projek wat jy aan die kant ontwikkel.

Begin eers op kleiner skaal en kyk of jou besigheidsidee werklik die moeite werd is. Op dié manier neem jy die verantwoordelike besluit om wel jou droom na te streef, maar steeds nie noodwendig ’n enorme risiko te loop nie.

Week 9 van die aandelebrekers-kompetisie

In week 9 van die kompetisie wag die deelnemers in spanning vir die begrotingstoespraak en om uit te vind of die koronavirus skokgolwe in markte wêreldwyd gaan veroorsaak. Amakipkip is bekommerd oor die virus se impak op hul aandele, en Fearless is weer ’n volledige span nadat Alex verlede week op sy eie moes regkom.

Die puntelys lyk soos volg: Penny Divas is nog die span om te wen met ’n opbrengs van R22 556,13; Team Vista lê tweede met R20 454,39; Amakipkip se bedrag het ’n klein bietjie geval, maar behou steeds die derde plek met R19 630,10; die Jan Celliers-skoliere lê weer vierde met ’n bedrag van R19 209,20; en Fearless is steeds in die laaste plek met R19 112,60.

  • Skakel Maandae om 19:30 in op Via (DStv-kanaal 147) om Geldhelde te volg.
Meer oor:  Besigheid  |  Via  |  Geldhelde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.