Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
NW24 TV
KYK: Nuwe dokkie oor Coenie de Villiers se nuwe album

Die legendariese Coenie de Villiers is terug met sy 22ste album ’n jaar ná die uitreiking van Pure Coenie, wat die SAMA-prys as beste kontemporêre Afrikaanse album vir 2018 gewen het.

In ’n spesiale halfuurlange dokkie wat op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word, kry kykers ’n blik op die agter-die-skerms-oomblikke met die opname van Coenie se album. Hy sê dit was tyd om iets nuut te skep en dis presies wat hy gedoen het. 

Kyk die volledige dokumentêr in die video bo-aan hierdie artikel.

“Ek dink die nuwe materiaal is wérklik nuut en opwindend!” sê Coenie.

Die album heet eenvoudig Coenie 2.2, wat verwys na sy 22ste album. “Dit verwys ook na ’n volgende generasie van werk – bietjie soos ’n sagtewaremaatskappy wat nuwe weergawes van sy sagteware uitreik.”

Coenie de Villiers
Coenie de Villiers tydens die opname van sy nuwe album.

Elk van die liedjies is uniek en Coenie kon weer saam met die beste talent in Suid-Afrika werk, onder andere die Mzansi-koor, Judith Sephuma, Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke.

“Ek moet myself ’n bietjie knyp! Daar is ’n opwindende weergawe van “Amazing Grace” wat in ses tale gesing word. “En dis mos hoe ons land behoort te klink: Baie stemme en tale, maar net een lied!”

Coenie de Villiers
Coenie de Villiers

Die bonus op die album is dat daar snitte verskyn van die vyf albums wat Coenie die afgelope dekade opgeneem het.

“Dis moeilik om te glo dat ek die vorige versamelalbum, Dekade, reeds meer as tien jaar gelede uitgereik het. Mense kry dus die beste van die afgelope tien jaar op een album, plus agt splinternuwe snitte,” sê hy.

Die album sluit ook ’n paar opwindende samewerkings in, onder meer met die Grammy-wenner Wouter Kellerman en die beroemde Amerikaanse saksofoonspeler Dave Koz.

Daar is natuurlik ook sekere liedjies wat mense altyd wil hoor, vertel Coenie. Hy het nog net een keer die liedjie “Karoonag” as ’n enkelsnit in 1980 opgeneem.

Op dié nuwe album het hy dit vars opgeneem en gaan dit moontlik ook die laaste wees. Hy beskryf dit as ’n “baie stil en intieme” opname. En ja, selfs “Namakwaland” is op sy nuwe album.

“Daar is stiller snitte, maar eintlik gooi ek mielies op hierdie album – dis vrek lekker! Ek dink dis ook die beste skryfwerk wat ek in jare gedoen het.”

Die dokkie, Coenie 2.2: Die maak van ’n album, word op die volgende datums op VIA uitgesaai:

  • 20 November om 19:30
  • 21 November om 17:00
  • 25 November om 17:30
  • 28 November om 19:30
  • 18 Desember om 18:30
  • 23 Desember om 19:30
  • 28 Desember om 21:00
Meer oor:  Coenie De Villiers  |  Dokumentêr  |  Netwerk23tv  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.