Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
NW24 TV
Nóg 'n blitsreeks met nóg meer sterre!
Hier is die paartjies van ‘Op en Af’ van links na regs: Nicole Fortuin en Marlo Minnaar (Ilse en Charlie Daniels), Charlton George en Quanita Adams (André en Bev Mouton) en Neels van Jaarsveld en Nadia Valvekens (Frans en Leande du Plessis).

’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.

Die akteurpaartjie Diaan Lawrenson en Jody Abrahams is die vervaardigers van Op en af wat vanaf 3 Februarie op Netwerk24 uitgesaai sal word.

Dié komedie, geskryf deur Leon Kruger, sal intekenare ’n kykie gee op die lewe van drie paartjies wat in verskillende stadiums van hul huwelik staan.

“Die blitsreeks gaan oor doodgewone mense wat soms ’n bietjie eksentriek is en ’n spieël vir die leser is,” verduidelik Diaan.

“Al die paartjies bly in een woonstelkompleks en is op die oog af vriende – tog sien ons ook later hul interaksies met mekaar is soms gelaai met wedywer, jaloesie en versier met ’n bietjie skinder.”

Dié blitsreeks is sterbelaai.

Charlton George en Quanita Adams vertolk die rolle van André en Bev Mouton. Hulle is die paartjie wat die langste getroud is. Hulle lyk gelukkig, maar eintlik het Bev ’n geheime lewe waarvan André niks weet nie.

Soos Netwerk24 se eerste aanlyn blitssepie Die Testament, sal elke episode van Op en Af ook vyf minute lank wees.

Neels van Jaarsveld en Nadia Valvekens speel die paartjie Frans en Leande du Plessis. Leande is ’n ywerige aanlyn vlogger, terwyl Frans baie suksesvol met aandele speel. Maar het Leande net met Frans getrou vir sy geld?

Die laaste paartjie is Charlie en Ilse Daniels, vertolk deur Marlo Minnaar en Nicole Fortuin. Hulle is onlangs getroud en nog baie verlief. Hulle besluit om swanger te raak, maar dit blyk makliker gesê as gedaan.

Boonop speel Diaan self in die blitsreeks as Christelle van As, Bev se beste vriendin.

Soos Netwerk24 se eerste aanlyn blitssepie Die Testament, sal elke episode van Op en Af ook vyf minute lank wees. ’n Nuwe episode sal elke weeksdag om 08:00 op Netwerk24 beskikbaar wees. Die blitsreeks sal tot einde April 2020 duur.

“Die reaksie op ons eerste blitssepie, Die Testament, het ons verwagtinge oortref. Dis duidelik dat sulke blitskykgenot in Afrikaans ’n formaat is wat aanklank vind by Netwerk24 se gehoor,” sê Henriëtte Loubser, redakteur.

“Terwyl Die Testament ’n dramatiese aanslag gehad het, is ons tweede blitsreeks humoristies en bied dit dus ’n heel nuwe ervaring. Ons is weer eens in die veilige hande van Media24 se TV-kanaal, VIA, wat die reeks eksklusief vir uitsending op Netwerk24 vervaardig en sorg vir uitstekende gehalte.”

Terwyl Die Testament ’n dramatiese aanslag gehad het, is ons tweede blitsreeks humoristies en bied dit dus ’n heel nuwe ervaring.

Soos Die Testament sal die episodes van Op en Af nie van Netwerk24 verwyder word nie. Intekenare kan dus die sepie op verskillende maniere volg – deur elke dag in te skakel of om oor naweke die week se episodes op te vang. Daar sal ook weer ’n omnibus wees waar lesers al 65 episodes van die sepie van voor tot agter kan fuifkyk.

“Ons het elke week so lekker gekry as Leon Kruger se episodes in ons e-posmandjie land. En toe ons die eerste episodes kyk en die akteurs voel kompleet soos jou vriende op ’n Vrydagaand, toe raak ons regtig opgewonde,” sê Izelle Venter, kanaalhoof van VIA.

“Ons glo Netwerk24 se kykers gaan net so opgewonde wees oor ons nuwe blitsreeks saam met die vervaardiger-duo Diaan Lawrenson en Jody Abrahams.”

Het jy nog nie Die Testament gekyk nie?

Moenie bekommerd wees nie – die hele sepie lê en wag vir jou op Netwerk24. Die somervakansie is dalk net die volmaakte tyd om al 60 episodes te kyk.

Klik hier om Die Testament te begin kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.