Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
1 uit 3 kan Alzheimers keer

Volgens nuwe navorsing van die Universiteit van Cambridge in Engeland kon sowat 'n derde van mense wat aan Alzheimer se siekte ly, dit moontlik keer, berig WebMD.

Die navorsers het sewe risikofaktore geïdentifiseer wat hulle glo lei tot die ontwikkeling van Alzheimer se siekte. Dit sluit in:

  1. Geen oefening.
  2. Diabetes.
  3. Hoëbloeddruk in middeljare
  4. Vetsug in middeljare
  5. Depressie
  6. Rook
  7. Swak opvoeding

"Jou vlakke van vetsug, hipertensie en diabetes sal verlaag as jy net aktief raak - en dit sal keer dat party mense demensie ontwikkel," het die navorser Carol Brayne gesê.

Na raming sal sowat 106,2 miljoen mense teen 2050 Alzheimer se siekte kry. In 2010 het net 30,8 miljoen dit gehad.

Maar Brayne en haar span glo as elkeen van die risikofaktore met 10% verbeter, kan 9 miljoen mense teen 2050 hulself van die siekte red.

"Eenvoudige veranderinge kan keer dat jy demensie kry. Oefening is 'n goeie plek om te begin," het sy gesê.

Lees meer ​hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.