Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
9 sterf toe minibus lorrie tref

Nege mense is dood toe ’n minibus Donderdag vroegoggend op die N1-hoofweg buite Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo van agter teen ’n lorrie gebots het.

Die slag van die botsing was so erg dat die minibus en die agterkant van die lorrie aan die brand geraak het.

Die nege oorledenes, agt passasiers en die taxibestuurder, was Zimbabwiërs. Nog twee passasiers is baie ernstig beseer.

’n Padteken enkele meters van die ongelukstoneel waarsku teen stadige vragmotors met swaar vragte op die pad.

Die lorriebestuurder is ongedeerd.

Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder, het gesê hy is op aanklag van strafbare manslag in hegtenis geneem en sal waarskynlik vandag in die Mookgophong-landdroshof verskyn.

Die N1-hoofweg in Limpopo is berug. Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, en twee lyfwagte is in Maart op die N1 tussen Polo­kwane en Mokopane (Potgietersrus) dood toe sy ampsmotor teen ’n lorrie gebots het.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.