Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
4 ministers nie meer deel van NUK

Die ANC het verlede week op sy 54ste nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg ’n omstrede besluit geneem dat die onteiening van grond sonder die betaling van vergoeding voortaan ’n prioriteit is.

Tog het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, wat ’n sleutelrol in grondhervorming speel, nie die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die party gehaal nie.

Gugile Nkwinti, minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, onlangs op ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Irene buite Pretoria. Foto: Sarel van der Walt

Die nasionale konferensie het die NUK opdrag gegee om veranderinge aan art. 25 van die Grondwet voor te stel wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak.

Nkwinti, wat al agt jaar minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming is, is een van verskeie ministers in die kabinet van pres. Jacob Zuma wat nie onder die 80 lede van die NUK tel nie.

Die NUK is die hoogste besluitnemingsliggaam in die ANC.

Onder die ander ministers wat nie meer in die NUK sal dien nie, tel Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, Thulas Nxezi, minister van sport, en dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid.

Die veteraan ANC-strydros Winnie Madikizela-Mandela, die eksvrou van wyle oudpres. Nelson Mandela, tel ook nie meer onder die uitverkorenes nie.

So ook nie Max Sisulu, ’n voormalige speaker van die nasionale vergadering, die SAKP-leier Blade Nzimande, wat ’n paar maande gelede deur Zuma afgedank is as minister van hoër onderwys, S’u Ndebele, ’n voormalige minister van vervoer, Sue van der Merwe, ’n voormalige adjunkminister van buitelandse sake, en dr. Joe Phaala, adjunkminister van gesondheid.

Billy Masetlha, wat oudpres. Thabo Mbeki se spioenhoof was, hoef ook nie meer gereeld sy naweke op te offer om NUK-vergaderings by te woon nie.

Meer oor:  Lynne Brown  |  Rob Davies  |  Gugile Nkwinti  |  Ministers  |  Nuk  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.