Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Afgevaardigdes steeds druk besig om te stem

Maandag teen 06:00 was die stemmery by die ANC se nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg nog druk aan die gang met vier provinsies wat nog nie gestem het nie.

Volgens onbevestigde berigte het afgevaardigdes van die ANC se grootste provinsie, KwaZulu-Natal, sowel as Gauteng, Limpopo en die Oos-Kaap teen Maandagoggend nog steeds nie gestem nie.

Daar is verneem dat afgevaardigdes van provinsies soos Noordwes, die Wes-Kaap, die Noord-Kaap, die Vrystaat en Mpumalanga, sowel as die ANC se vroueliga, die jeugliga en veterane-liga reeds in die vroeë oggendure gestem het.

Na verneem word het pres. Jacob Zuma Maandag omstreeks 02:00 as deel van die NUK gestem.

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het oornag op Twitter gesê hy het vertroue in die afgevaardigdes om die integriteit van die ANC te herstel.

Zizi Kodwa, die ANC se na­sionale woordvoerder, het op Twitter gesê hy het vir Ramaphosa gestem.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het geen geheim gemaak van sy steun vir Dlamini-Zuma nie.

David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies, stem saam dit gaan ’n taai stryd wees.

Die uitslae vir die nuwe ANC-president en die res van die party se topses-leierskap sal na verwagting teen laat Maandagoggend bekend gemaak word.

Tydens die amptelike benoemingsproses Sondag is adj. pres. Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma as die twee hoofkandidate benoem.

Daar was Sondagaand laat verwarrende boodskappe uit die amptelike ANC-kanale dat die stemproses eers sou voortgaan.

Daar is toe weer aan joernaliste gekommunikeer dat die stemproses gekanselleer is tot daar uiteindelik weer besluit is om voort te gaan met die stemmery.

Die stemproses het baie vroeg Maandagoggend begin, nadat die benoemings vir die topses-poste amptelik deur die afgevaardigdes by die konferensie aanvaar is.

Die stryd om die ANC-presidentskap gaan veral belangrik wees met Ramaphosa wat sowat 1 469 benoemings van ANC-takke landwyd gekry het en Dlamini-Zuma 1 094.

Vir die pos van adjunkpresident het David Mabuza, ANC-voorsitter en premier in Mpumalanga, sowat 1 128 benoemings gekry, teenoor Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, wat 619 takbenoemings gekry het.

Gwede Mantashe, huidige sekretaris-generaal van die ANC, het 1 499 takbenoemings gekry vir die pos van ANC-voorsitter, terwyl Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, 807 benoemings gekry het.

Vir die pos van die ANC se sekretaris-generaal, het Senzo Mchunu, voormalige ANC-voorsitter in KwaZulu-Natal, 1 479 takbenoemings gekry teenoor Ace Magashule, ANC-voorsitter en premier in die Vrystaat, se 930.

Jesse Duarte is herbenoem vir die pos van adjunk-sekretaris-generaal deur 845 takke. Haar naaste mededinger is Zingiswa Losi, ’n nasionale leier van Cosatu wat 361 benoemings gekry het.

Vir die pos van tesourier-generaal het Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng, sowat 1 581 takbenoemings gekry teenoor die 275 wat Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se 275.

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  Zizi Kodwa  |  Nasrec  |  Johannesburg  |  Stemmery  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.