Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Hier's wat Maandag gebeur

Die vyf vernaamste gebeure Maandag, die derde dag van die ANC se nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum  in Johannesburg:

1. Die ANC se nuwe topses-leiers – die president, adjunkpresident, nasionale voorsitter, sekretaris-generaal, adjunk-sekretaris-generaal en tesourier-generaal – word aangekondig. Die 4 776 afgevaardigdes het Maandag om 00:30 begin stem.

2. Die aankondiging van die 80 lede van die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK).

3. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, gee terugvoering aan die media oor die organisatoriese verslag, wat die stand van die party sal uiteensit.

4. Die media sal ook ingelig word oor die ANC se finansiële verslag.

5. Die derde ontbytsessie van die Progressive Business Forum (PBF) vind vroegoggend plaas met Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeontwikkeling, as die eregas. Sakelui sal vrae aan haar kan stel.

Só lyk die benoemings

President:

Adj. pres. Cyril Ramaphosa 1 469

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma 1 094

Adjunkpresident:

David Mabuza (premier van Mpumalanga) 1 128

Lindiwe Sisulu (minister van menslike nedersettings) 619

Voorsitter:

Gwede Mantashe (huidige ANC-sekretaris-generaal) 1 499

Nathi Mthetwa (minister van kuns en kultuur) 807

Sekretaris-generaal:

Senzo Mchunu (voormalige premier van KwaZulu-Natal) 1 479

Ace Magashula (premier van die Vrystaat) 930

Adjunk-sekretaris-generaal:

Jessie Duarte (bestaande adjunk-sekretaris-generaal) 845

Zingiswa Losi (tweede adjunkpresident van Cosatu) 361

Tesourier-generaal:

Paul Mashatile (Gautengse LUR vir menslike nedersettings en ANC-voorsitter in Gauteng) 1 581

Maite Nkwana-Mashabane (minister van internasionale betrekkinge en samewerking) 275

Onttrek:

Zweli Mkhize (adjunkpresidentskandidaat), Naledi Pandor (adjunkpresidentskandidaat), Nomvula Makhonyane (presidentskandidaat).

* Aantal stemme verwys na takke

Meer oor:  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.