Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
KYK: ANC se wagte ruk joernalis rond

Die ANC gaan ondersoek instel na die voorval waarin Sam Mkokeli, ’n joernalis van Bloomberg en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) se subkomitee oor mediavryheid, Dinsdag deur veiligheidswagte by die ANC se nasionale konferensie rondgepluk is en ook sy akkreditasie verloor het.

Sanef het Dinsdag weens dié voorval en nadat hy verskeie soortgelyke klagtes van joernaliste by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg ontvang het, met die ANC vergader.

Sanef het bygevoeg dat die ANC ook klagtes ontvang het van joernaliste wat die reëls oortree.

Sanef-lede is van links Katy Katopodis, adjunkvoorsitter, Mahlatse Mahlase, voorsitter, en Sam Mkokeli, voorsitter van die subkomitee oor mediavryheid, tydens ’n vroeëre nuuskonferensie. Foto: Argief

Mahlatse Mahlase, voorsitter van Sanef, sê in nog voorvalle van beweerde hardhandige optrede is foto’s uitgewis, ’n joernalis in die maag geslaan, ’n joernalis met prostetiese bene omgestamp en ’n vroulike joernalis onvanpas betas deur veiligheidspersoneel binne die hoofkonferensiesaal.

Sanef se vergadering met die ANC was volgens Mahlase baie produktief. “Die ANC het om verskoning gevra oor wat vandag (Dinsdag) gebeur het. Hulle sal nou probeer om Mkokeli se akkreditasie terug te kry nadat hy dit oorhandig het om nie verder rondgepluk te word nie.”

Volgens Mahlase het die ANC joernaliste wat soortgelyk behandel word, versoek om alle voorvalle so gou moontlik nadat dit gebeur het aan te meld sodat dit ondersoek kan word.

Die party het ook beloof om Dinsdag se gebeure te ondersoek en met die mense in beheer van sekuriteit te praat oor voorvalle van onbehoorlike gedrag en betasting deur veiligheidswagte.

“Die ANC het ook sekuriteitsbreuke deur joernaliste aangemeld.

“As Sanef sal ons aanhou om die ANC te versoek om meer deursigtig te wees en om die vrye vloei van inligting toe te laat. Ons doen egter ’n beroep op ons lede om die sekuriteitsreëlings wat tans in plek is, te respekteer so ongemaklik en onwenslik dit ook al mag wees,” het Mahlase gesê.

Meer oor:  Sanef  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.