Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
ANC-vroue soek Dlamini-Zuma

Bathabile Dlamini, voorsitter van die ANC-vroueliga, glo dit is belangrik vir die ANC en die samelewing in sy geheel dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ANC-LP, tot die volgende ANC-president verkies word.

“Dit is só omdat sy ’n leier van die ANC is, maar ook ’n vrou is. Dit is belangrik vir ons omdat die ANC in staat was om kwessies soos rassisme en klas te pak, maar kwessies soos geslag is moeilik. Dit beteken ons raak volwasse om dié kwessies te kan hanteer.”

Jessie Duarte spreek Sondag die media toe by die Nasrec-eksposentrum. Foto: Felix Dlangamandla

Dié minister van maatskaplike ontwikkeling het Sondag buite die mediasentrum by die ANC se 54ste nasionale konferensie by die Nasrec-eksposentrum op vrae van joernaliste gereageer.

Die vroueliga is volgens Dlamini trots op die feit dat drie vroue benoem is vir die amp as ANC-president. Die feit dat Dlamini-Zuma as president benoem is en Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, as adjunkpresident, toon volgens haar dat strukture van die ANC nou die leierskap van vroue aanvaar.

“Suid-Afrika is ’n patriargale land. Ons almal woon in gesinne waar daar patriargie is. Organisasies, die regbank, wetgewers, godsdiensgebaseerde organisasies – alles bevoordeel mans in Suid-Afrika en ons as vroue raak groot in daardie families. Hierdie is ’n geleentheid vir die vroueliga om te beklemtoon wat dit beteken om ’n vrouepresident te hê.”

Sy het bygevoeg dat as iemand homself beskikbaar stel vir ’n posisie, moet hy in staat wees om ’n nederlaag te aanvaar. “Jy moet ook jouself onderhewig stel aan die verkose leierskap en die verkose leierskap moet jou aanvaar en omarm. Die ANC het ons dit geleer – ons is nie bang dat ons geviktimiseer sal word nie. Ons was nie geviktimiseer toe ons vir kameraad Winnie Madikizela-Mandela benoem het nie,” het sy gesê.

Meer oor:  Jesse Duarte  |  Nasrec  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.