Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
‘As hulle Ace se stemme oortel, moet hulle Cyril se stemme oortel’

As die uitslag van Ace Magashule se verkiesing tot ANC sekretaris-generaal oorgetel moet word, moet dit vir die hele proses geld – insluitende die stemme vir die pos van ANC-president.

Dit is die mening van Supra Mahumapelo, ANC-voorsitter in Noordwes, oor versoeke dat stemme oorgetel moet word, omdat daar wyd bespiegel is dat daar moontlik ongerymdhede plaasgevind het om Magashule se oorwinning oor Senzo Mchunu te verseker.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes op die vierde dag van die ANC se verkiesings kongres by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

Daar was ’n skamele 24 stemme verskil tussen Magashule en Mchunu. Magashule het 2 360 stemme gekry en Mchunu 2 336.

Daar word beweer dat 68 stemme moontlik “vermis”” word.

Mahumapelo is saam met Magashula deel van die sogenaamde Premierliga en ’n stoere ondersteuner van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

Hy het Dinsdagoggend by die ANC se nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg gesê as daar ’n hertelling geëis word, moet daar vir al ses poste weer gestem word.

Eerder as om die organisasie probleme te besorg, moet ons die uitdagings hanteer wat daar is en kyk hoe ons dit kan hanteer ter wille van eenheid binne die ANC en Suid-Afrika.

“Die vraag sal steeds wees hoe bepaal jy dat 68 stemme vermis word, aangesien ’n geheime stemmery gehou is. Waarom het hulle nie die kwessie opgehaal toe die aantal geldige stemgeregtigdes aanvaar is nie?”

Hy het ook daarop gewys dat die ANC ’n demokratiese organisasie is wat van geheime stemmery gebruik maak. “Dit is ’n baie gevaarlike ding wat hulle hier probeer doen. As hulle omgegee het vir die eenheid van die ANC sou die kamerade gesê het hulle vermoed iets is verkeerd en dat ons dit moet hanteer ter wille van die organisasie. Jy sien, ons as Noordwes het die kwessie oor afgevaardigdes in die hof verloor en volgens prosedure moes hulle die konferensie bygewoon het, maar hulle het die hofuitspraak aanvaar,” sê hy.

Intussen vergader die ANC se bestuurskomitee by die konferensie oor die sogenaamde vermiste stemme.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, gesels met Chester Missing op die vierde dag van die ANC se verkiesings kongres by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Supra Mahumapelo  |  Stemmery  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.