Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
‘Grondhervorming nie ten koste van ekonomie’

Die ANC se resolusie om voort te gaan met grondonteiening sonder vergoeding sal nie die ekonomie ondermyn nie, het Cyril Ramaphosa vroeg Donderdagoggend sy versekering probeer gee in sy eerste toespraak as president van die ANC by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg.

Rampahosa het hom sterk uitgespreek oor die behoefte na grondonteiening sonder vergoeding, en sê die party sal sy grondhervormingsprogramme en landelike ontwikkeling bespoedig as deel van sy radikale ekonomiese transformasie (RET)- programme.

Hy het benadruk dat dit versigtig gedoen moet word sodat die ekonomie, landbouproduksie en voedselsekuriteit nie ondermyn word nie.

“Die ANC was nog altyd versigtig in sy pogings om die ekonomie op so ’n wyse te bestuur om die belange van ons mense te bevorder,” sê Ramaphosa.

Cyril Ramaphosa staan die afgevaardigdes te woord op die ANC se nasionale konferensie. Foto: Felix Dlangamandla

Ramaphosa het afgevaardigdes daarvan verseker dat die nuut verkose nasionale uitvoerende komitee (NUK) Suid-Afrika se ekonomie versigtig sal bestuur.

Soos vroeër berig, is daar tydens die vergadering van die ANC se komitee oor ekonomiese transformasie ingestem om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.

Dit sal in Januarie op die regering se lekgotla bespreek word.

Die NUK is nou tyd en vryheid gegee om die volhoubaarheid van hierdie beleid te toets. Geen sperdatum is nog bepaal nie.

Indien hulle suksesvol is sal die eerste stappe gedoen word om Afdeling 25 van die Grondwet te wysig.

Theo Venter, politieke ontleder, sê die planne is onderhewig aan soveel voorwaardes, dat dit die uitvoering daarvan byna onmoontlik sal maak.

“Daar is reeds ’n klousule in die Grondwet wat voorsiening maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding.

“Dit gebeur byvoorbeeld wanneer grond gekoop word met die opbrengs van misdaad.”

’n Ontleder met wie News24 gepraat het, sê dit is ’n desperate skuif deur die ANC en stem saam met Venter dat die Grondwet nie ’n struikelblok in grondhervorming is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.