Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
'Cyril ’n kortkop voor, maar ook maar net’
Volgens ontleders is adj. pres. Cyril Ramaphosa tans 'n kortkop voor sy teenstanders. Foto: ELIZABETH SEJAKE

Met net ’n paar uur oor voordat die sowat 4 700 afgevaardigdes Sondag op die ANC se nasionale konferensie begin stem vir pres. Jacob Zuma se opvolger, meen politieke ontleders dat adj.pres. Cyril Ramaphosa in dié stadium tog ’n “ ’n klein numeriese voordeel” bo sy naaste teenstander, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het.

Die nominasie- en stemproses vir die nuwe leierskap van die regerende party is van Saterdag tot Sondag aangeskuif nadat daar nie vroeër ’n ooreenkoms oor die akkreditasie vir stemgeregtigdes bereik kon word nie.

Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het Sondagmiddag op ’n mediakonferensie by Nasrec in die suide van Johannesburg gesê die akkreditasieproses is uiteindelik afgehandel en dat die stemmery Sondag sal plaasvind. Die uitslag word Maandag verwag.

Theo Venter, politieke ontleder verbonde aan die sakeskool van die Noordwes-Universiteit, en Ebrahim Fakir, direkteur van programme van die Auwal sosio-ekonomiese navorsingsinstituut (Asri), het Sondag in ’n regstreekse onderhoud met Netwerk24 lig probeer werp oor wie as wenner uit die stryd kan tree.

Die Sondagkoerante het ook vroeër bespiegel oor wie kan wen. Venter het gesê die koerantopskrifte herinner hom aan Herman Charles Bosman.

“In sy verhaal The Prophet skryf hy daar was ’n baie unieke profeet in die Marico. Sy naam was Stefanus Erasmus. Dan skryf hy in Engels – he makes things true just by prophecising them.

“Ek dink dit is wat ons vandag in die koerante gesien het.”

Die stryd tussen Dlamini-Zuma en Ramaphosa is ’n baie, baie nou wedloop.
Theo Venter

Volgens Venter is die stryd tussen Dlamini-Zuma en Ramaphosa ’n baie, baie nou wedloop.

Waar hy vir Ramaphosa ’n klein voordeel sal gee, is dat Baleka Mbete, huidige voorsitter van die ANC, Saterdagaand laat aangekondig het dat sy haar gewig agter Ramaphosa se veldtog ingooi.

“Materieel (is dit) nie baie stemme nie, maar sielkundig miskien ’n klein voordeel. Dit is die verste wat ek sou gaan (om ’n wenner te voorspel),” het Venter gesê.

Fakir stem saam, maar meen ook dit is “betekenisvol dat Dlamini-Zuma moontlik die 27 stemme van die ANC in sowel KwaZulu-Natal as die Vrystaat verloor het. Sy het moontlik ook ’n paar stemme in Noordwes verloor. Dit verminder haar groottotaal.

“Ons het aangeneem dat die ANC-jeugliga haar 100% met sy 60 stemme (op die nasionale konferensie) sou steun. Ek is nou nie meer so seker nie. Hulle lyk verdeeld.”

Volgens Fakir meen hy om dié redes dat Ramaphosa ’n klein numeriese voordeel het.

Lees ook: Spesiale uitsending: Netwerk24 by die ANC-konferensie. 

Meer oor:  Johannesburg  |  Verkiesing  |  Politiek  |  Nasrec  |  Anc  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.