Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Die miljoenêr, die eksvrou . . . en die hoopvolles
Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma is die hoofspelers in die ANC se nasionale konferensie-drama. Maar daar is ook vyf ander wat hoop vir hul oomblik op die verhoog.

Daar is twee hoofspelers in die ANC se nasionale konferensie, maar ook ander kandidate wat meeding om die presidentskap van die party. 

Ramaphosa: Kan hy uit die skadu kom?

Die dag toe Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 ná 27 jaar in die tronk uit die
Victor Verster-gevangenis (nou die Drakenstein-gevangenis) in die Paarl gestap het,
was Cyril Ramaphosa (#CR17) aan die wêreld se bekendste politieke gevangene se
sy.

Ramaphosa het die sambreel vasgehou waaronder Mandela daardie Sondagmiddag
onder die bloedige Bolandse somerson deur die tronk se hekke gestap het.

Toe Mandela enkele ure later op die trappe van die Kaapstadse stadsaal sy eerste
toespraak as ’n vry man gelewer het, was Ramaphosa langs hom.

’n Paar jaar later het Madiba gesê Ramaphosa is sy eerste keuse as sy opvolger.

Lees die volledige artikel hier. 

Nkosazana: Omstrede en bewonder

Op die oog af is dr. Nkosazana Dlamini-Zuma (#NDZ) ’n stil, skaam mens. Diegene
wat haar egter ken, sê dié deurwinterde politikus het ’n baie sterk wil.

Sy is ’n vegter wat nie gaan lê nie. ’n Ouskool ANC-tradisionalis. Beginselvas en
regverdig.

En Suid-Afrika en die ANC het nog nooit ’n vrou as president gehad nie.

Die 68-jarige Dlamini-Zuma, ’n gebore KwaZulu-Nataller, hoop om op die komende nasionale konferensie van die ANC by Nasrec in Johannesburg geskiedenis te maak en tot leier van die
ANC verkies te word. Dit sal die weg baan dat sy pres. Jacob Zuma, haar eksman, ook later as
staatshoof opvolg. Sy is Zuma se voorkeurkandidaat om hom op te volg.

Lees die volledige artikel hier. 

: Die ander presidentskandidate


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.