Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Dis bevestig: Ramaphosa, Sisulu staan saam
Cyril Ramaphosa. Foto: Charné Kemp

Adj.pres. Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu het aangekondig dat hulle as ’n span gaan saamwerk om tot die toptwee poste in die ANC verkies te word op die nasionale leierskonferensie wat Saterdag by Nasrec in Johannesburg begin.

Sisulu was saam met Ramaphosa een van sewe kandidate wat om die ANC se toppos meegeding het. Sy is egter deur die meerderheid takke in vier verskillende provinsies, die Wes-Kaap,

Lindiwe Sisulu

Gauteng, Limpopo en die Noord-Kaap, vir die pos van adjunkpresident benoem.

In ’n gesamentlike verklaring wat Donderdagaand uitgereik is sê hulle dat Ramaphosa sal staan as presidentskandidaat van die ANC, terwyl Sisulu haarself verkiesbaar stel as adjunkpresident.

Die twee kandidate sê in die verklaring dat hulle oorweldigende steun gekry het van verskillende belanghebbendes, asook ANC-veterane en dat die verskillende ANC-takke se insae in ag geneem is toe die besluit geneem is.

“As gedissiplineerde ANC-lede het Ramaphosa en Sisulu ingestem om saam te werk om die wens van die takke van die ANC uit te voer tydens die komende 54ste nasionale leierskonferensie. Die kandidate het hul opnuut daartoe verbind dat die wil van die takke deurgevoer word wanneer dit kom by beleidskwessies en die verkiesing van beamptes,” lui die verklaring.

Ramaphosa het egter vroeër gesê dat hy wil hê dat Naledi Pandor sy adjunkpresident moet wees indien hy verkies word.

Pres. Jacob Zuma en Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, voordat sy haar kommer in die openbaar begin uitspreek het oor die huidige stand van sake in die ANC. Foto: Argief

Meer oor:  Nasrec  |  Johannesburg  |  Ramaphosa  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.