Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Dis g’n blanko tjek nie, Cyril

Adj.pres. Cyril Ramaphosa, nuutverkose ANC-leier, moet dapper wees omdat sy harde werk nou eers begin om nie net die ANC te verenig en te herbou nie, maar ook om staatskaping en korrupsie in Suid-Afrika uit te roei.

Verskeie vakbonde het Dinsdag so gereageer nadat hy Maandag as pres. Jacob Zuma se opvolger by die ANC se nasionale konferensie in Nasrec, Johannesburg, aangewys is.

Cyril Ramaphosa, die nuutverkose ANC-leier, buite die Nasrec-sentrum. Foto: Le Roux Schoeman

NUM: David Sipunzi, hoofsekretaris van die mynwerkersvakbond NUM, het gesê Ramaphosa, wat die vakbond se eerste sekretaris-generaal was, het hierdie vakbond destyds verskeie jare lank met toegewydheid gelei.

“Dit is deur hierdie dapper stryd deur kameraad Ramaphosa en ander dat mynwerkers, wat vir baie jare gewerk en by hul aftrede net ’n helm en ’n paar stewels ontvang het, vandag aftreevoordele het. Ons verwag dat Ramaphosa en die res van die kollektiewe leierskap dapper sal wees om Suid-Afrika uit sy huidige krisis van korrupsie en staatskaping na ’n voorspoedige toekoms te lei.”

Nehawu: Zola Saphetha, hoofsekretaris van Nehawu, die eerste vakbond wat Ramaphosa se veldtog openlik gesteun het, het gesê Ramaphosa se harde werk begin nou eers omdat hy ’n organisasie geërf het wat verteer is deur faksionalisme, stemkopery, politieke hekwagtery en die opsyskuif van sekere kamerade deur die vorige leiers.

“(Ramaphosa) het die uitdagende taak om die ANC te verenig en te verseker dat die herbouing en vernuwing van hierdie glorieryke bevrydingsbeweging onmiddellik te begin.”

Cosatu: Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, het gesê hierdie vakbondfederasie was onwrikbaar in sy steun vir Ramaphosa, selfs toe daar openlike pogings was om hom te keer om ANC-president te word.

Cosatu het die nuwe ANC-leierskap gewaarsku dat hul steun nie ’n blanko tjek is nie en dat hulle beslissend moet handel met kwessies wat “die ekonomie doodmaak soos staatskaping en korrupsie”.

Saftu: Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakbondfederasie Saftu, het egter gesê die werkersklas en arm meerderheid het niks om te vier oor Ramaphosa se verkiesing nie.

“Nie een van die groot probleme wat die meerderheid Suid-Afrikaners in die gesig staar, is enige stap nader aan ’n oplossing soos die leierskap in die hande van ’n multi-miljardêr geplaas word wat, soos berig is, op een stadium op die direksies van meer as 100 private maatskappye gedien het.”

Volgens Vavi is die markte en kredietgraderingsagentskappe wat gunstig op Ramaphosa se verkiesing reageer, ’n aanduiding van wie Ramaphosa se verkiesing vier: die private sektor.

Vavi het Ramaphosa as die argitek van die nasionale minimum loon van R20 per uur beskryf wat armoede sal bevorder.

Volgens Vavi is die grootste rede waarom Ramaphosa geensins vertrou moet word nie, sy rol as ’n direkteur van Lonmin toe 34 mynwerkers in 2012 doodgeskiet is in Marikana nadat hy die polisie aangemoedig het om die staking te beëindig.

Neasa: Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa), het gesê Ramaphosa het ’n hervormingsagenda, “maar weet goed dat die ANC nie die span aan hom toevertrou het om sy doel te bereik nie. Die ANC het hom verkies en daarna sy hande vasgebind.”

Papenfus het gesê drie van die topsesleiers is ondersteuners van Nkosazana Dlamini-Zuma wat verbind word met die huidige bedeling van korrupsie en staatskaping.

Hy het die private sektor versoek om Ramaphosa sy volle steun te gee sodat hy en Suid-Afrika suksesvol kan wees.

Meer oor:  Nehawu  |  Cosatu  |  Num  |  Saftu  |  Anc  |  Neasa  |  Anc-Leierskapsverkiesing  |  Anc-Nasionale Konferensie  |  Cyril Ramaphosa  |  Staatskaping  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.