Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Dit is wat Cyril gesê het

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag sy intreerede as president van die ANC by die afsluiting van die party se 54ste nasionale verkiesingskonferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg gehou.

Wat hy gesê het en wat hy nié gesê het nie, sal ontleders waarskynlik lank aan die praat hou.

Hier is sy volledige toespraak in Afrikaans:

Adj.pres. Cyril Ramaphosa Woensdag by die afsluiting van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Johannesburg waar hy sy intreerede as president van die party gelewer het. Foto: REUTERS

“Dit is ’n diep verootmoedigende oomblik om die afsluiting van die 54ste nasionale konferensie van ons geliefde en roemryke beweging, die African National Congress, toe te spreek.

Dit is beslis ’n konferensie van groot belang en groot betekenis.

In die maande en weke voor hierdie konferensie is daar wyd bespiegel die 54ste nasionale konferensie sou nie plaasvind nie of dit sou misluk.

U bywoning van hierdie konferensie, wat u takke verteenwoordig, is ’n oorwinning oor die doemprofete en diegene wat nie wil hê ons beweging moet goed vaar nie.

Ons wens u daarom geluk dat u die negatiewe en bespiegelende voorspellings trotseer het deur te verseker dat die konferensie plaasvind en dat dit suksesvol is.

Daar was party mense wat selfs voorgestel het dat Nasrec die einde van die ANC sou verteenwoordig, omdat ons verdeeld hier sou uitkom.

Ons is nog hier. Ons staan al amper 106 jaar. Verenig.

Nasrec 2017 het ons nie net verenig nie; dit het ons versterk.

Dit het ons in beweging gebring en ons weer jonk gemaak.

Ons gaan voort om ons kritici verkeerd te bewys.

Die afgelope vyf dae het ons beweging gestoei met die uitdagings en take van hierdie kritieke oomblik in die geskiedenis en lewe van ons mense en ons land.

Die ANC het geluister na die strewes, hoop, wense, krete en kommer van ons mense deur die stemme van die afgevaardigdes wat ons mense oor die lengte en breedte van ons land verteenwoordig.

As afgevaardigdes wat takke van ons beweging verteenwoordig, het julle uitdrukking gegee aan ons volk se hoop deur die besluite wat hier geneem is en die leiers wat julle verkies het.

Pres. Jacob Zuma luister na die toespraak van Cyril Ramaphosa, nuutverkose ANC-leier.

Met die verkiesing van die leiers het julle, as afgevaardigdes van hierdie konferensie, jul rug op die politiek van lyste gedraai.

Julle het daarop aangedring dat die mense wat hierdie beweging lei, nie van die een of ander faksie is nie, maar ons mense uit eie reg.

Met julle beraadslaging het ons saam ’n rigting vir die beweging en die nuwe leierskorps ontwikkel.

Hierdie konferensie het ons die kans gegee om moeilike waarhede die hoof te bied.

In onlangse tye het ons die ANC op sy ergste gesien. Ons het ’n organisasie gesien wat in die binnekringe verdeeld is.

Tog het ons ook die beste van die ANC gesien.

Die afgelope paar dae het ons die ANC gesien wat ons ken en lief het.

As verteenwoordigers van byna ’n miljoen lede het julle as afgevaardigdes gewys die ANC is ’n organisasie wat aan die behoeftes van die mense voldoen en dit is harde werk is om beleid en programme hiervoor te ontwikkel.

Daarbenewens het ons op hierdie konferensie ’n beweging gesien wat vasbeslote is om sy beleid te verbeter, om die inwerkingstelling te versterk en om met groter vasberadenheid te werk om sy lede te verenig en sy strukture te bou.

Gwede Mantashe Woensdagaand.

Ons mense sal hierdie konferensie nie net oordeel oor wat ons in hierdie vyf dae gedoen het nie, maar – dalk nog belangriker – deur wat ons volgende doen.

Die mense van Suid-Afrika wil optrede hê. Hulle wil nie woorde hê nie.

Ons mense wil ’n ANC hê wat sy beloftes nakom en voldoen en getrou is aan sy missie.

Hulle wil ’n ANC hê wat die waardes uitleef wat dit nastreef en vashou aan die beginsels wat dit lank gedefinieer het.

Hulle wil ’n ANC hê wat nie die staat gebruik om gevestigde belange te dien nie, maar om ’n ware ontwikkelingstaat en ’n dinamiese, inklusiewe ekonomie te bou wat werk skep en lewens verbeter.

Terwyl ons hierdie konferensie verlaat, is ons vasbeslote om onsself voor die mense te verootmoedig.

Ons is vasbeslote om ons mense te respekteer en hul respek te verdien.

Ons is vasbeslote om ons mense te respekteer en hul respek te verdien.

Ons is vasbeslote om die houdings en praktyke te verwerp wat ’n toenemende kloof veroorsaak het tussen regeringsamptenare en die mense wat hulle verkies het.

Die African National Congress wil ’n duidelike boodskap aan alle Suid-Afrikaners stuur dat ons leiers vasbeslote is om ’n meer simpatieke en verantwoordbare leierskorps en beweging te wees.

Ons sal deur ons takke diep gewortel bly in die gemeenskap en altyd probeer om kampvegters vir die belange van die mense te bly.

Ons moet ons verbintenis tot geslagsgelykheid krities en eerlik ondersoek.

Ons moet bewus wees van die praktyke en houdings wat die patriargie in ons organisasie en samelewing versterk en ons moet saamwerk om dit te beëindig.

Ons moet ’n jeugdiger organisasie word – meer verteenwoordigend van die ouderdomsprofiel van ons bevolking.

Ons moet ons verbintenis tot geslagsgelykheid krities en eerlik ondersoek.

Hierdie konferensie het besluit dat ons met mekaar praat en aandag gee aan die standpunte en insigte van die veterane van ons beweging, organisasies wat nog altyd saam met ons gewerk het, en vele ander.

Ons sal uitreik na gemeenskapsorganisasies en ander instellings van die burgerlike samelewing, met die verstandhouding dat hulle van kritieke belang is vir die uitoefening van mense se mag en waardevolle vennote vir ontwikkeling is.

Ons sal dit doen omdat ons as die ANC ’n geskiedkundige verantwoordelikheid het om die samelewing te lei.

Die alliansie het in die onlangse verlede baie uitdagings en probleme ondervind.

Ons sal saam met ons alliansievennote daaraan werk om verhoudings te herstel tussen die vier stigtings wat ons mense verwag die nasionale demokratiese revolusie moet lei.

As konferensie is ons dit eens dat die ANC nie sterk en doeltreffend kan wees nie, tensy ons deel is van ’n sterk, verenigde en samehangende alliansie.

Ons is vol vertroue dat die besluite van hierdie konferensie sal bydra tot die bevordering van pogings om die voormalige vegters van Umkhonto we Sizwe te verenig.

Ons moet eenheid tussen die MKMVA (MK se veteranevereniging) en die MK se nasionale raad ’n prioriteit van die nuwe leierskorps maak.

Die kwessie van grond is ’n saak van groot kommer vir ons mense wat van hul grond ontneem is.

Terwyl ons die konferensie verlaat is ons vasbeslote om met groter vasberadenheid ’n radikale pad van sosio-ekonomiese transformasie te bewerkstellig, gegrond op groei, werkskepping en billike verdeling van inkomste, rykdom en bates.

Die kwessie van grond is ’n saak van groot kommer vir ons mense wat van hul grond ontneem is.

Ons sal ons program van grondhervorming en landelike ontwikkeling versnel as deel van ons program van radikale sosio-ekonomiese transformasie.

Hierdie konferensie het besluit dat die onteiening van grond sonder vergoeding een van die meganismes beskikbaar aan die regering behoort te wees, om uitvoering te gee aan grondhervorming en herverdeling.

Daar is ook besluit dat ons met die bepaling van die inwerkingstellingsmetodes moet verseker dat ons nie die ekonomie, landbouproduksie en voedselsekerheid ondermyn nie.

As die ANC was ons die afgelope 23 jaar die sentrale dryfveer van vooruitgang in ons land en die ekonomie.

Ons pogings was daarop gemik om armoede te bekamp en ongelykheid en werkloosheid te verminder.

Ons pogings was daarop gemik om armoede te bekamp en ongelykheid en werkloosheid te verminder.

Ons het die uitdaging van werkloosheid aan die voorpunt van al ons optredes in die ekonomie geplaas.

Ons fokus op opleiding en vaardigheidsopleiding het begin positiewe resultate oplewer.

Ons maatskaplike ontwikkelingsprogramme is daarop gemik om armoede onder ons mense te takel.

Die beleide wat ons hier aanvaar het, bied ’n platform vir vinniger en betekenisvoller inwerkingstelling van die nasionale ontwikkelingsplan.

Ons sal die besluite van hierdie nasionale konferensie ten volle uitbrei wanneer ons die NUK-verklaring op 13 Januarie uitreik wanneer ons ons 106de bestaansjaar vier.

Op staatsvlak moet ons die werklikheid die hoof bied dat kritieke staatsinstellings deur individue en gesinne die oogmerk is by wyse van beïnvloeding en die manipulering van bestuursprosesse en openbare hulpbronne.

Dit het gelei tot die verswakking van ons staatsbeheerde ondernemings waarvan die bestuurstrukture herbou moet word.

Of ons dit staatskaping of bloot korrupsie noem, dit het die integriteit van ons instellings ondermyn, ons ekonomie honderdmiljarde rande gekos en bygedra tot die verdere verarming van ons mense.

Of ons dit staatskaping of bloot korrupsie noem, dit het die integriteit van ons instellings ondermyn, ons ekonomie honderdmiljarde rande gekos en bygedra tot die verdere verarming van ons mense.

Gegewe al hierdie uitdagings, word ons versoek om teen korrupsie, samespanning en ander ekonomiese misdade wat in die openbare en private sektor voorkom, op te tree.

Ons moet vreesloos en sonder partydigheid die sogenaamde ‘rekeningkundige onreëlmatighede’ ondersoek wat tot onrus in die markte lei en beleggings van miljarde (rande) van gewone Suid-Afrikaners uitgewis het.

Hierdie konferensie het besluit dat daar opgetree moet word en dit stopgesit moet word.

Ons moet ook vreesloos optree teen beweerde korrupsie en ampsmisbruik vanuit eie geledere.

Ons moet ook vreesloos optree teen beweerde korrupsie en ampsmisbruik vanuit eie geledere.

Die nasionale hoofraad het die integriteitskommissie verwelkom en die besluit by die 53ste nasionale konferensie onderskryf.

Die stigting van die integriteitskommissie is dus nie ter sprake nie, aangesien daar konsensus bestaan dat die integriteitskommissie ondersteun en bemagtig moet word om sy werk vreesloos, onpartydig en sonder vooroordeel te doen om die integriteit van die ANC te herstel en etiese leierskap te bevorder.

Die verwysingsraamwerk, pligte en bevoegdhede van die komitee moet deur die nasionale uitvoerende komitee bespreek en gefinaliseer word.

Hierdie konferensie het besluit dat korrupsie met dieselfde intensiteit en doelgerigtheid beveg moet word as waarmee ons armoede, werkloosheid en ongelykheid bestry.

Hierdie konferensie het besluit dat korrupsie met dieselfde intensiteit en doelgerigtheid beveg moet word as waarmee ons armoede, werkloosheid en ongelykheid bestry.

Julle het herhaaldelik beklemtoon dat die ANC die strategiese sentrum van mag vir al sy kaders is.

Die optrede van kamerade wat deur die beweging ontplooi word, moet altyd besiel wees deur die belange van ons lede en ons mense, nie persoonlike wins nie.

Hul optrede moet altyd ’n bron van trots wees, nie ’n verleentheid nie.

Hulle moet ons nader bring aan die nasionale demokratiese samelewing waarna ons streef, nie ondermyn nie.

Hierdie nasionale uitvoerende komitee wat julle gekies het, verbind hom tot die opdragte waaroor julle op die 54ste nasionale konferensie besluit het.

Julle het ons opdrag gegee om ’n verenigde ANC te bewerkstellig.

Julle het ons opdrag gegee om ’n verenigde ANC te bewerkstellig.

Julle het ons ook aangesê om die alliansie te verenig en te verseker dat sy programme deur eenheid gesteun word.

Nog ’n oorkoepelende taak wat julle aan ons gestel het, is om die mense van Suid-Afrika te verenig en harder te werk om die wonde van konflik en verdeeldheid te genees.

Ons moet weer fokus op die opbou van ’n nierassige land, gelei deur die verdrag in die Vryheidshandves dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon, swart en wit.

Ek wil julle in alle nederigheid bedank vir die vertroue wat julle in my gestel het.

Ek sal daarna streef om ons lede, ons ondersteuners en die nasie met toewyding en ywer te dien.

Ek praat as president en namens die nuutverkose nasionale uitvoerende komitee, en ons aanvaar sonder voorbehoud jul duidelike opdrag dat ons saamwerk as ’n groep, onverdeeld en met een doel voor oë – diens aan ons mense.

Ons is bewus daarvan dat leierskap in ons beweging nie beperk is tot diegene wat die amp beklee nie.

Ons is bewus daarvan dat leierskap in ons beweging nie beperk is tot diegene wat die amp beklee nie.

Ek wil hulde bring aan kameraad Nkosazana Dlamini-Zuma wat meegeding het om die amp as president, vir die wyse waarop sy tydens die veldtog verbintenis tot ons beweging getoon het.

Saam met die ander kandidate het ons almal belowe om nou saam te werk in die nastreef van die doelwitte van ons revolusie, hetsy ons verkiesingsbod geslaag het of nie.

Namens julle, wil ek diegene wat hierdie konferensie moontlik gemaak het bedank: die bestuur van Nasrec, die Verkiesingskommissie en die Elexions-agentskap, tegniese personeel, opsieners, sekerheidsbeamptes en die talle diensverskaffers, skenkers en uitstallers.

Die kantoor van die sekretaris-generaal en die reëlingskomitee het uitstekende werk gedoen om te verseker dat ons ’n suksesvolle konferensie hou.

Ek wil die media bedank vir die beriggewing oor hierdie konferensie aan ons mense en die breër wêreldwye gemeenskap.

As revolusionêre demokrate erken ons die belangrike rol wat die media speel in die bevordering van die vrye verspreiding van inligting, asook van deursigtigheid en aanspreeklikheid.

As revolusionêre demokrate erken ons die belangrike rol wat die media speel in die bevordering van die vrye verspreiding van inligting, asook van deursigtigheid en aanspreeklikheid.

Ons is besorgd oor ’n voorval by hierdie konferensie wat ’n joernalis en sekerheidsbeamptes insluit.

Ons het ’n verslag aangevra oor wat gebeur het en moet kyk hoe ons verseker dat sulke voorvalle nie in die toekoms voorkom nie.

Ek wil graag ons alliansievennote, verteenwoordigers van burgerlike samelewingsorganisasies, gaste van broederpartye en lede van die diplomatieke korps bedank wat die afgelope vyf dae in verskeie hoedanighede by ons was.

Bowenal wil ek al ons taklede bedank, wie se wense en strewes ons hier verteenwoordig het.

Aan alle afgevaardigdes, dankie vir u bywoning en geduld en verdraagsaamheid met vertragings in stem- en programbeplanning.

As amptenare het ons al ’n aantal dinge waargeneem wat ons kan verbeter.

As amptenare het ons al ’n aantal dinge waargeneem wat ons kan verbeter.

Ons sal verseker dat ons volgende konferensie ’n beter ervaring vir alle afgevaardigdes is.

Reis asseblief veilig en geniet ’n rustige feestyd.

Maak seker dat julle goed uitrus en ná die vakansie terugkeer met nuwe krag vir die harde werk wat in 2018 en daarna voorlê.

Ons sien uit daarna om weer op 13 Januarie by die ANC se 106de verjaarsdagvieringe in Oos-Londen te ontmoet.

Volgende jaar vier ons die 100ste herdenking van die geboorte van ons stigterspresident, Isithwalandwe Nelson Rolihahla Mandela.

Getrou aan sy nalatenskap en geïnspireer deur sy merkwaardige lewe, laat ons vashou aan die beginsel wat ons as die ANC lei – dat ons die mense van Suid-Afrika dien!

Ons dien hulle met nederigheid, integriteit en onwrikbare toewyding.

Ons dien hulle sonder verwagting van beloning of erkenning.

Ons dien hulle omdat elkeen van ons gekies het om lede van die African National Congress te word en sodoende onbaatsugtige agente van revolusionêre verandering te word.

Ten slotte wil ek namens julle president Jacob Zuma bedank vir die tien jaar wat hy as voorsitter van ons beweging deurgebring het en vir ’n leeftyd se diens aan die mense van hierdie land.

Ten slotte wil ek namens julle president Jacob Zuma bedank vir die tien jaar wat hy as voorsitter van ons beweging deurgebring het en vir ’n leeftyd se diens aan die mense van hierdie land.

Dit was tydens u ampstermyn Nxamalala, en danksy u visie dat die nasionale beplanningskommissie gestig is en die land se eerste nasionale ontwikkelingsplan opgestel is.

Dit is ’n raamwerk vir ekonomiese en maatskaplike verandering wat ons land vir baie jare sal lei.

Die geskiedenis sal toon dat dit op u aandrang was dat Suid-Afrika sy antiretrovirale program vinnig en progressief uitgebrei het tot die grootste ter wêreld.

Deur u ingryping het ons heelwat gevorder met die bestryding van die epidemie; baie lewens is gered en baie infeksies is voorkom.

Ons kan nie die 54ste nasionale konferensie van die ANC afsluit sonder om hulde te bring aan u bydrae oor dekades heen tot die stryd vir vryheid, demokrasie en ontwikkeling nie.

Ek dank u.”

Meer oor:  Nasrec  |  Cyril ­Ramaphosa  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.