Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
KYK: Steun vir Dlamini-Zuma

Die ANC-jeugliga is vol vertroue dat Nkosazana Dlamini-Zuma as die party se nuwe president aangewys gaan word.

Van waar Collen Maine, jeugligaleier, op die kantlyn van die 54ste nasionale konferensie by die Nasrec-sentrum met Netwerk24 gesels, lyk hy min gepla deur die ongunstige hofuitsprake oor die stemmery in sekere van die provinsies wat Dlamini-Zuma steun.

“Ek is oortuig daarvan dat Nkosazana se naam Sondag aangekondig gaan word,” sê hy.

Met verwysing na die jeugliga se moontlike invloed op die uitkoms van die konferensie, meen Maine die enigste “koningmakers” die takke van die ANC is.

Dit volg nadat die ANC in Mpumalanga ’n “verenigde” presidensiële kandidaat voorgestel het tydens sy provinsiale algemene komiteevergadering waar Dlamini-Zuma haar teenstander, adj.pres. Cyril Ramaphosa net-net gewen het.

Collen Maine, ANC-jeugliga-president by die Nasrec Ekspo-sentrum. Foto: Felix Dlangamandla
Meer oor:  Nasrec  |  Johannesburg  |  Anc-Jeugliga  |  Dlamini-Zuma  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.