Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Moenie korrupsie duld nie, vra oudstryders

Oudstryders van die ANC het Cyril Ramaphosa, nuutverkose ANC-president, gelukgewens met sy oproep dat dringende stappe teen korrupsie gedoen word.

Ramaphosa het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma op die party se 54ste konferensie in die leierskapstryd verslaan.

News24 berig die ringkoppe het Donderdag in ’n verklaring gesê hulle wens Ramaphosa voorspoed toe op ’n moeilike pad wat vir die party en die land voorlê. Hulle hoop dat sy leierskap ’n vars briesie in die ANC en vir die nasie sal meebring.

“As oudstryders glo ons daar is steeds baie onafgehandelde kwessies. Ons dring steeds aan op ’n radikale ommeswaai en dat die neiging van korrupsie, wat alle vlakke van die ekonomie raak, nie geduld sal word nie,” lui die verklaring.

Cyril Ramaphosa

Daar is geen plek vir diegene in die ANC, regering, staatsdiens, openbare en privaat sektor wat by korrupte bedrywighede betrokke is nie.

Die oudstryders het ’n beroep op die ANC-president gedoen om binnekort ’n nuwe hoof vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG) aan te stel nadat die hooggeregshof in Pretoria dié taak aan Ramaphosa as adjunkpresident van die land toevertrou het.

Die hof het vroeër vandeesmaand vir Ramaphosa twee maande gegee om ’n nuwe hoof aan te stel nadat bevind is dat adv. Shaun Abrahams se aanstelling as NVG-hoof ongeldig is.

Die hof het bevind pres. Jacob Zuma kan weens botsende belange nie self ’n nuwe hoof aanstel nie.

Die oudstryders sê die reg moet ongestoord en sonder vrees of guns sy gang gaan, ongeag die betrokkenes se posisie.

Hulle het Ramaphosa en sy uitvoerende komitee aangeraai om van Zuma as staatshoof ontslae te raak en te verseker dat hy tereg staan op die korrupsieklagtes wat hy jare reeds ontduik.

Ware eenheid in die party kan net op ons geskiedkundige waardes en integriteit gegrond wees soos O.R. Tambo dit toegepas het

“Die herroeping van Zuma moet die begin wees van ’n duidelike boodskap aan die land. Dit kan ook aan Zuma die geleentheid bied om sy saak in die hof te stel, soos hy aangevoer het hy wil doen.”

Die oudstryders het ook gepleit dat die nuwe leiers eenheid in die party, wat voor die konferensie al deur faksiegevegte geteister is, bewerkstellig.

“Ware eenheid in die party kan net op ons geskiedkundige waardes en integriteit gegrond wees soos O.R. Tambo dit toegepas het,” lui die verklaring.

Die konferensie beteken nie die einde van ’n hartseer tydperk in die land en die ANC se geskiedenis nie, maar moet die begin van die einde daarvan wees, sê hulle.

Meer oor:  Korrupsie  |  Cyril ­Ramaphosa  |  Jacob Zuma  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.