Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Party hartseer, ander nie oor Ace se aanstelling

“Dit is tyd vir Ace om te gaan. Hy het ons die son, maan en sterre beloof, maar tien jaar later is ons erger af.”

So het Tsholofelo Segopa (35), ’n inwoner van die Caleb Motshabi-township in Bloemfontein, gesê nadat Ace Magashule, Vrystaatse premier, tot die ANC se nuwe sekretaris-generaal verkies is.

Segopa, wat Dinsdagoggend saam met haar familie en bure buite haar sinkhuis gesit het, sê Magashule was veronderstel om van die Vrystaat ’n beter plek te maak, maar hy het alles verwoes.

“Kyk om ons. Niemand het werk nie. Niemand het huise of toilette nie. Niemand het kos of lopende water nie.”

Sy sê sy en haar man is albei werkloos en sy sien nie ’n toekoms vir haar kinders as Magashule in beheer van die provinsie is nie.

Moya Hlapane, van die Caleb Motshabi-township in Bloemfontein, sê die Vrystaat is beter af sonder Ace Magashule. Foto: MLUNGISI LOUW

Haar buurman Moya Hlapane (45) sê die Vrystaat is beter af sonder hom. Hy kan nou ’n ander plek gaan vernietig. “Hy het alle vordering tot stilstand gebring en niemand is hartseer dat hy weggaan nie.”

Hlapane sê hy hoop ’n nuwe premier sal verandering bring en nie net aan homself dink nie.

Maar vir Masabata Booysen (29), ’n huiswerker, is Magashule se nuwe aanstelling hartseer nuus.

Masabata Booysen en haar dogter Palesa buite hul sinkhuis in die Caleb Motshabi-township in Bloemfontein. Sy glo haar droom om ’n huis te besit gaan saam met Ace Magashule verdwyn. Foto: MLUNGISI LOUW

Booysen sê haar droom om haar eie huis te besit is nou aan flarde.

Sy was in die proses om haar eie huis te kry en glo nie die nuwe premier sal Magashule se belofte nakom om huise in Caleb Motshabi te bou nie.

“Ace is een van ons. Hy het na ons omgesien. Al ons hoop gaan saam met hom weg.”

Vir Grace Pitso (32) was die aankondiging ’n skok.

“Ek is baie hartseer dat hy weggaan. Hy het China en Kuba toe gegaan om beter werkgeleenthede vir ons kinders te skep. Ek voel dat al die geleenthede saam met hom weggaan.”

Grace Pitso is hartseer dat Ace Magashule weggaan.Foto: MLUNGISI LOUW

Meer oor:  Ace Magashule  |  Stemmery  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.