Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Dag 4: ANC stem oornag vir NUK

Die name van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sou Dinsdag bekendgemaak word, maar weens verskeie vertragings in die program van die party se 54ste nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg, het die stemmery vir die NUK Dinsdagaand eers begin.

Nie net was adj.pres. Cyril Ramaphosa se oorwinning naelskraaps nie – hy is ook opgesaal met drie lede in die Zuma-kamp wat waarskynlik nie daarop uit gaan wees om hom sy sin te gee in alles wat hy wil doen nie. Dit kan daarop dui dat die 80 bykomende lede van die NUK waarskynlik ook eweredig verdeel sal wees tussen die Ramaphosa-kamp en die Zuma-kamp. 

Lees ook: Cyril wen, maar . . .

19 Des. 22:57:28

Die voorleggings oor die kommissies sal môre aangebied word. Die kommissies vergader steeds. 

19 Des. 22:52:20

Waarom is die 'vermiste' stembriewe belangrik?

Daar word verneem dat 68 afgevaardigdes vir die topses-leiers gestem het, maar hul name het nie op die stemlys voorgekom nie.

Hulle is uiteindelik toegelaat om te stem, maar hul stembriewe is afsonderlik gehou sodat The Elexions Agency, wat die verkiesing hanteer, later kon vasstel waarom hul name nie op die stemlys was nie.

Die stembriewe is uiteindelik nooit in ag geneem nie, wat beteken die besluit is gemaak om dit nie by te tel nie. 

Senzo Mchunu, wat met 24 stemme verloor het, het toe gevra waarom dié stemme nie in ag geneem is nie en 'n ondersoek is van stapel gestuur.  

Die pos van sekretaris-generaal is juis belangrik omdat dié persoon Luthuli-huis en die ANC bestuur.

Ace Magashule, 'n ondersteuner van pres. Jacob Zuma, het 2 360 stemme vir die pos as sekretaris-generaal gekry, en Mchunu was kort op sy hakke met 2 336 stemme. – News24

19 Des. 22:06:02

Theo Venter, politieke ontleder, sê hy dink die bespiegeling dat die stembriewe vir die NUK glo herdruk is, het alles te doen met die onderlinge gesprek oor die topses.

"Daar is baie grondige kwessies oor hoe geldig die verkiesing van die sekretaris-generaal was," sê Venter.  Dit kan die rede vir die aanpassing wees.

19 Des. 21:41:43

Die stemmery vir die NUK se 80 addisionele lede sal deur die nag gebeur.

Nege ANC-kommissies sal Dinsdagaand of Woensdagoggend voorleggings aan die voltallige vergadering lewer.

Die stemme sal Woensdagoggend vroeg getel word, waarna die name aangekondig sal word.

Die kwessie oor die "vermiste" stemme sal ook Woensdag tydens die voltallige vergadering opgehaal word. – News24

19 Des. 21:26:52

Dié lyste is nie bevestig nie.

Hier is van die lyste oor die NUK wat op Twitter versprei word:

19 Des. 21:16:01

Die stemmery vir die NUK gaan voort. Vanaand se vergadering is geslote vir die media.

19 Des. 21:15:40

Die ANC het pas op hul kommunikasiekanaal bevestig die kommissies het wel vandag vergader om die onderskeie beleidskwessies te bespreek. "Hulle sal nou voorleggings aan die voltallige vergadering maak," lui die inligting.

19 Des. 21:11:38

Sam Mkokeli, Bloomberg-joernalis en lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), glimlag breed nadat hy weer toegelaat is om die ANC se 54ste nasionale konferensie by Nasrec te dek. Foto: Felix Dlangamandla

19 Des. 21:09:29

EWN berig die aanvanklike vertraging met die stemmery was oor die stryery oor 68 "vermiste" stemme.

Meer oor:  Nasrec  |  Johannesburg  |  Nuk  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.