Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
OORSIG: Dag 3 van ANC-konferensie
18 Des. 21:50:16

Dis al vir nou wat hierdie regstreekse dekking van die ANC se nasionale konferensie in Johannesburg betref. Hou Netwerk24 dop vir nog nuus.

18 Des. 21:27:26

“Hopelik beteken dit ‘n nuwe Suid-Afrika,” sê Schalk Cornelessen, 'n Kapenaar, oor Cyril Ramaphosa wat as die ANC se nuwe president aangewys is.

18 Des. 21:16:02

Cyril Ramaphosa, die ANC se nuwe president, neem 'n foto van die media. Foto: Deaan Vivier

18 Des. 21:09:00

Theo Venter, politieke ontleder, sê verlede week se hofuitsprake oor die wettigheid van die uitslae van die provinsiale konferensies in die Vrystaat en KwaZulu-Natal, asook die streekkonferensie in die Bojanala-streek (Rustenburg en omgewing) in Noordwes, het 'n rol in Cyril Ramaphosa se oorwinning gespeel.

18 Des. 21:02:50

Siyabonga Cwele, Pravin Gordhan en Joe Phaahla op die derde dag van die ANC se nasionale konferensie wat by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg gehou word. Foto: Deaan Vivier

18 Des. 20:36:51

Prof. Pieter Labuschagne, politieke ontleder by Unisa, meen Ramaphosa se verkiesing is goeie nuus vir Suid-Afrika. Dit het reeds ‘n positiewe uitwerking op die waarde van die rand gewys. Labuschagne meen egter dit is  onrusbarend dat David Mabuza tot die pos van adjunkpresident verkies is,  omdat “hy juis die negatiewe elemente van staatskaping en grootskaalse korrupsie verteenwoordig”.

18 Des. 20:35:32

Cyril Ramaphosa, die ANC se nuwe president, sal ‘n gevangene van sy eie top-bestuur wees en dit kan sterk optrede teen korrupsie en staatskaping aan bande lê, sê Theo Venter, politieke ontleder.

18 Des. 20:31:53

Partytjiegangers in Melville, Johannesburg, het Maandagaand gesê: “Goddank die Zuma-era is verby.” 

18 Des. 20:28:04

Die joernalis en skrywer Max du Preez het getwiet die ANC se top-6 "onregeerbaar" is met Ace Magashule as sekretaris-generaal. Volgens Du Preez is die Guptas baie verlig. Talle bewerings van korrupsie hang oor Magashule, wat met die Guptas verbind word, se kop. 

Meer oor:  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.