Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Terugslag vir Dlamini-Zuma in Noordwes
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma Foto: Reuters

Die hooggeregshof in Mahikeng het Vrydagoggend die algemene jaarvergadering van 40 ANC-takke in die Bojanala-streek in die Rustenburg-omgewing in Noordwes, ongeldig verklaar.

“Dit is tot nadeel van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma,” sê Theo Venter, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

Ontevrede ANC-lede het hulle tot die hof gewend omdat die takvergadering in dié streek volgens hulle ongrondwetlik was, berig EWN.

Die hof se uitspraak beteken dié 40 takke sal nie die ANC se 54ste nasionale streekkonferensie en leierskapsverkiesing by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg kan bywoon nie.

Die Bonjanala-streek sluit in Marikana en Brits.

Die Bonjanala-streek is die grootste van die vier ANC-streke in Noordwes. Hy sou aanvanklik 270 afgevaardiges na die konferensie gestuur het wat Saterdag begin.

Noordwes sou aavanklik 538 afgevaardiges na die konferensie gestuur het.

*Intussen is 170-takke uit die Ethekwini-streek (Durban) ook gediskwalifiseer om die konferensie by te woon. Daar is glo onraad vermoed omdat dié takke almal dieselfde voorkeur-kandidatelys gehad het.

“Dit verander wesenlik Dlamini-Zuma se kanse,” sê Venter.

Meer oor:  Nasrec  |  Dlamini-Zuma  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.