Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
‘Vermiste stemme’ hou eers feestyd

ANC-verteenwoordigers en die regsverteenwoordigers van die afgevaardiges van die 68 “vermiste stemme” vroeër by die ANC se 54ste nasionale konferensie, het besluit om eers volgende jaar te vergader.

Dit volg ná hul vergadering wat Vrydag by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, gehou is.

Dexter Selepe van Selepe Sekele-prokureurs verteenwoordig die groep ANC-afgevaardigdes van Limpopo en KwaZulu-Natal wat deel is van die 68 stemme waaroor omstredenheid ontstaan het.

Hy sê hulle het besluit om eers in Januarie weer te vergader sodat hulle met hul kliënte kan raadpleeg en hul huiswerk deeglik doen.

Volgens hom tree die regsfirma nie namens Senzo Mchunu, ’n voormalige premier van KwaZulu-Natal, op nie. Mchunu het met 24 stemme teen Ace Magashule, die Vrystaatse premier, verloor in die stryd om die posisie van sekretaris-generaal van die ANC.

Selepe het vroeër gesê die saak kan in die hof eindig, sou die partye nie tot ’n vergelyk kom nie.

Volgens hom was sy kliënte nie op die kieserslys nie, hoewel hulle gemagtig was om te stem. “Hulle het spesiale stembriewe gekry, wat in ’n ‘kwarantyn’ geplaas is en wat dan later saam met die res van die stemme getel sou word.”

Die afgevaardiges het hul kommer gelug dat Magashule se verkiesing onreëlmatig was, met net ’n verskil van 24 stemme tussen die kandidate.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa, nuutverkose ANC-president, het Woensdag sy ondersteuners gevra om ter wille van die integriteit van die ANC en sy 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg hul hofplanne te laat vaar.

Die meerderheid van die vermiste stemme is glo van takke wat Mchunu ondersteun.

Selepe sê die presiese datum vir die volgende vergadering is nog nie vasgestel nie “omdat die ANC in Januarie besig is”.

Hy sê hulle sal wel ná die Januarie 8-boodskap vergader.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Feestyd  |  Anc-Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.