Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Wie is die topkandidate?

Wie is die topkandidate?

Al nege provinsies het reeds hul voorkeurkandidate bekend gemaak.

In dié stadium is adj.pres. Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ANC-LP en uitgetrede hoof van die Afrika-Unie, die twee voorlopers in die stryd om die leierskap by pres. Jacob Zuma oor te neem. Ramaphosa het die steun van 1 859 takke ontvang en Dlamini-Zuma van 1 330. In Mpumalanga het die meeste takke egter vir “eenheid” van die ANC in plaas van een van dié twee kandidate gestem.

Hoe lyk die provinsies se steun?

1. KwaZulu-Natal - Dlamini-Zuma (454), Ramaphosa (191)

2. Mpumalanga – Dlamini- Zuma (123), Ramaphosa (117) “Eenheid” (223)

3. Oos-Kaap – Ramaphosa (423), Dlamini-Zuma (61)

4. Limpopo – Ramaphosa (391), Dlamini-Zuma (104)

5. Noordwes - Dlamini-Zuma (291), Ramaphosa (44)

6. Gauteng – Ramaphosa (374), Dlamini-Zuma (64)

7. Vrystaat – Dlamini-Zuma (209), Ramaphosa (44)

8. Noord-Kaap – Ramaphosa (154), Dlamini-Zuma (11)

9. Wes-Kaap – Ramaphosa (121), Dlamini-Zuma (13)

Vir wie steun die ANC se drie ligas (wat elk die nasionale verkiesings as ’n provinsie sal bywoon)?

Die ANC se vroue- en jeugliga het in die openbaar hul steun agter Dlamini-Zuma ingewerp. Dit is egter nie ’n uitgemaakte saak dat alle afgevaardigdes van die twee ligas vir Dlamini-Zuma sal stem nie omdat die stemmery in die geheim plaasvind en Ramaphosa vroeër ook steun van lede van die vroue- en die jeugliga op saamtrekke in die verskillende provinsies gekry het.

Dit is onduidelik vir wie die ANC-veterane sal steun omdat die Umkhonto weSizwe Militere Veterane-vereniging aan die een kant stoere Dlamini-Zuma- ondersteuners is, terwyl ander struggle-veterane openlik gekant is teen haar.

Wie is Ramaphosa en Dlamini-Zuma se kandidate vir die ANC se topleierskap?

Cyril Ramaphosa:

  • Adjunkpresident: Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie
  • Voorsitter: Gwede Mantashe, huidige sekretaris-generaal
  • Sekretaris-generaal: Senzo Mchunu, voormalige premier en ANC-voorsitter in KwaZulu-Natal
  • Tesourier-generaal: Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng en LUR

Nkosazana Dlamini-Zuma:

  • Adjunkpresident: David Mabuza, premier en ANC-voorsitter in Mpumalanga
  • Voorsitter: Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur
  • Sekretaris-generaal: Ace Magashule, premier en voorsitter in die Vrystaat
  • Tesourier-generaal: Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking

* NB: Nie een van die twee het kandidate vir die posisie van adjunk-sekretaris-generaal bekend gemaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.