Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
ANC-konferensie
Zuma wens Ramaphosa geluk; prys eenheid binne ANC

Die ANC het as wenner uit die stryd getree in die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die party se nuwe president en die aanwysing van die party se nuwe topses-leierskap.

“Daar was geen individuele wenner of verloorder nie,” het pres. Jacob Zuma in ’n verklaring gesê wat Donderdag namens hom deur die ANC uitgereik is.

Die stryd om die ANC-presidentskap was baie fel soos die faksies van Ramaphosa teen die van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma teen mekaar meegeding het.

Ramaphosa het uiteindelik as die oorwinnaar uit die stryd getree.

Afgevaardigdes op die konferensie, wat in die vroeë-oggendure van Donderdag met Ramaphosa se heel eerste toespraak as ANC-president en die aankondiging van die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) geëindig het, het verras toe hulle vroeër drie lede elk van die twee mededingende faksies tot die topses-leierskap verkies het.

Pres. Jacob Zuma luister vroeg Donderdagoggend na adj.pres. Cyril Ramaphosa se eerste toespraak in sy kapasiteit as president van die ANC. Foto: Felix Dlangamandla

David Mabuza, adjunkpresident, Ace Magashule, sekretaris-generaal, en Jesse Duarte, wat haar amp as adjunk-sekretaris-generaal behou het, was deel van Dlamini-Zuma se faksie, terwyl Gwede Mantashe, ANC-voorsitter, en Paul Mashatile, tesourier-generaal, Ramaphosa-ondersteuners is.

In die verklaring sê Zuma oor die topses hy het met tevredenheid gelet op die gees van eenheid wat tydens die nasionale konferensie geheers het.

“Hierdie gevoel van eenheid is deurgevoer tot die verkiesing van die topleierskap om die nasionale demokratiese revolusie vorentoe te neem.

“Ek wil kameraad president Cyril Ramaphosa hartlik geluk wens met sy verkiesing om hierdie reus van ’n organisasie van ons mense, die ANC, te lei. Die aspirasies van ons mense in Suid-Afrika, in die streek en op die vasteland, waarvan die meeste arm swart mense is, berus nou by kameraad president Ramaphosa en die leierskap.

Hierdie gevoel van eenheid is deurgevoer tot die verkiesing van die topleierskap om die nasionale demokratiese revolusie vorentoe te neem
Pres. Jacob Zuma

“Ons wens die nuwe leierskap die beste toe om die land vooruit te neem deur middel van die toepassing van die ANC se beleide en programme.”

Zuma het ook al die afgevaardigdes bedank vir hul “dissipline en die vasbeslote wyse waarop hulle met die ANC se sake op die konferensie gehandel het.

“Die afgevaardigdes het weer eens gewys daar is geen groter taak as die ANC nie, maar die belangrikste is dat hulle bewys dat eenheid binne die ANC heilig is.

“Ek is ook daarvan seker dat die beleide wat by die konferensie aanvaar is Suid-Afrika tot voorspoed gaan lei deur die toepassing van radikale sosio-ekonomiese transformasie en ’n hernude aanslag op die uitdagings wat armoede, werkloosheid en ongelykheid inhou.”

Meer oor:  Nasrec  |  Johannesburg  |  Anc  |  Anc-Konferensie  |  Ramaphosa  |  Politiek  |  Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.