Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aanbieder Theunis Nel verloor arm, het ‘letterlik by die dood omgedraai’
Theunis Nel. Foto: Loanna Hoffmann

Die arm van die voormalige akteur en KykNet se Woema-aanbieder, Theunis Nel, moes Dinsdagoggend geamputeer word.

Nel was Maandag in ’n ongeluk by die Garsfontein-afrit in Pretoria betrokke nadat ’n bakkie van agter teen sy motorfiets vasgery het.

“Ons ly nog almal aan skok. Die kinders is ook ingelig dat hul pappa in die hospitaal is en sy arm verloor het,” het Anria van Heerden, Nel se mede-aanbieder op Woema, gesê.

Nel is in ’n kritieke toestand  in Unitas-hospitaal.

“Hy het letterlik by die dood omgedraai,” het Van Heerden gesê.

“Daar was geen ander keuse as om sy arm te verwyder nie. Dit was óf sy arm red óf sy lewe. Dis vir ons almal bitter sleg,” het van Heerden gesê.

Sy vrou, Mareli, kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Lees: Dit was sy arm of sy lewe.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.