Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aasvoëls vreet weerlig-karkasse wel

Aasvoëls wat in die Steenkampberg naby Mashishing (Lydenburg) in Mpumalanga woon, is blykbaar nie so kieskeurig oor hul maaltyd nie.

Voorverlede week is 18 Drakensberger-koeie en ses kalwers op Jacques Blake se plaas deur weerlig doodgeslaan.

Blake het besluit om die karkasse aan die hange van die berg te los sodat roofdiere en aasvoëls daaraan kon vreet, maar kenners het gemeen aasvoëls sou hul neus optrek vir die karkasse.

Hy het Donderdag aan Beeld gesê teen alle verwagting in het roofdiere én aasvoëls wel kom vreet.

“Ek was nog nie sedert die voorval self op die plaas nie, maar die werkers sê hulle het gesien daar is baie aan die karkasse gevreet,” het Blake gesê. 

– Buks Viljoen

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.