Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 000’e pleit reeds vir behoud van Malgas-pont
Vakansiegangers, en veral kinders, is lief daarvoor om uit te spring en die ou pont by Malgas te help trek. Foto: Anneke Carelsen

Teen Dinsdagmiddag het meer as 10 000 mense reeds ’n aanlyn versoekskrif geteken vir die behoud van die ou handgedrewe pont by Malgas naby Swellendam in die Suid-Kaap.

Verlede week is bekend gemaak dat die inwerkingstelling van ’n nuwe gemotoriseerde pont by Malgas en die afbreek van die ou een, wat reeds meer as 100 jaar in gebruik is, eers tydelik opgeskort is.

Dit volg op ’n vergadering verlede Donderdag van Nicholas Myburgh, Swellendam se burgemeester, met Sakkie Franken, burgemeester van die Overberg-distriksmunisipaliteit, waar die besluit geneem is sodat alle belanghebbendes ’n geleentheid kan kry om die toekomstige rol en plek van die ou pont te bespreek.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het vroeër bekend gemaak daar is ná deeglike oorweging besluit om die pont met ’n groter, gemotoriseerde pont te vervang. Volgens die departement is die ou pont onder meer ’n veiligheidsrisiko en kan nie meer herstel word nie. Die aankondiging is egter met groot ontevredenheid onder mense begroet.

Myburgh het verlede week ná die vergadering in ’n persverklaring gesê daar sal ’n openbaredeelname- en konsultasieproses wees. Die datum wanneer die proses sal begin, moet nog bekend gemaak word.

Die pont word beskou as een van die gebied se grootste toerisme-trekpleisters.

Besoek dié webblad vir die aanlyn versoekskrif.

Meer oor:  Swellendam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.