Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, 1 vermis ná boot in ysige see omslaan

In ’n reuse-soektog ter see by Simonstad in Kaapstad is twee bemanningslede van ’n boot wat omgeslaan het, Donderdagmiddag gevind waar hulle aan ’n boei geklou het. Een het kort daarna beswyk, terwyl ’n derde bemanningslid nog vermis word.

Die vloot het aanvanklik die omgeslaande boot van 30 voet, wat glo vroeër die dag in Kalkbaai se hawe gelanseer was, in die see opgemerk, het Darren Zimmerman, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Simonstad, gesê.

Die NSRI is omstreeks 16:00 ontbied om in die soektog na die bemanning te help. Die boot het vermoedelik omstreeks 12:00 omgeslaan.

Talle bote van die NSRI, ’n reddingshelikopter van AMS/EMS Skymed, asook duikspanne van die brandweer en die polisie het aan die soektog deelgeneem.

Die see was geweldig onstuimig en die noordwestelike wind het teen 25 knope gewaai. Die twee mans wat by die reddingsboei gevind is, is in ’n reddingsboot na die strand geneem.

Zimmerman het gesê een van die mans is kort daarna dood verklaar. Die ander man is in die hospitaal opgeneem en verkeer tans in ’n kritieke toestand weens hipotermie.

Volgens die NSRI soek polisieduikers nog na die derde bemanningslid.

Zimmerman het gesê die polisie en die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) sal die voorval ondersoek. Hy wou nie spekuleer oor die rede waarom die boot omgeslaan het nie.

Meer oor:  Nsri  |  Simonstad  |  Seeredding  |  Bootongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.