Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, 1 vermis ná vissersboot omslaan by Rooi Els

’n Visserman is dood en een is steeds vermis nadat ’n vissersboot waarop hulle en drie ander was Donderdagmiddag by Rooi Els omgeslaan het.

Polisieduikers was Donderdagmiddag steeds op soek na die vermiste visserman nadat ’n reuse-soektog langs die see, in die water en vanuit die lug niks opgelewer het nie.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het in ’n verklaring gesê die vissersboot van ongeveer 7 meter lank het omstreeks 12:30 Donderdagmiddag omgeslaan. Drie van die vyf mans aan boord kon daarin slaag om strand toe te swem. Hulle is nie beseer nie.

Die Jack & Irene-reddingsboot van die NSRI in Gordonsbaai, wat deel was van die reddingspan. Foto: NSRI

Al die vissermanne is glo inwoners van Mitchells Plain, Kaapstad, sê hy.

Die NSRI is deur die Transnet Nasionale Haweowerheid oor die voorval gekontak en daarna is NSRI-redders van Gordonsbaai en Kleinmond inderhaas na die toneel.

Ook mediese personeel van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, die privaat ambulansdiens GBMed, die Overberg brand-en-reddingsdiens, asook ’n AMS Skymed-reddingshelikopter en die polisie het hulle daarheen gehaas.

Teen Donderdagmiddag kon die vermiste visserman steeds nie opgespoor word nie, maar polisieduikers het op die toneel gebly.

Die vissersboot is ook glo steeds in die water tussen die rotse.

Die 48-jarige man se liggaam is aan die departement van gesondheid se afdeling vir forensiese patologie oorhandig en die polisie sal ’n geregtelike doodsondersoek doen, sê Lambinon.

Meer oor:  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.