Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, 12 beseer in taxi-ongeluk op N1

’n Vrou is dood en 12 mense beseer in ’n ongeluk waarin ’n minibustaxi op die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap gerol het.

Volgens ’n verklaring van ER24 het talle passasiers langs die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die lyk van ’n vrou is naby die voertuig aangetref, lui die verklaring.

Twaalf mense op die toneel is ondersoek. Twee was in ’n kritieke toestand terwyl tien ander matige tot ligte beserings opgedoen het. Hulle is na hospitale geneem.

Meer oor:  Er24  |  Touwrivier  |  Taxiongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.