Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, 16 beseer in ongeluk

’n Taxibestuurder is Vrydagoggend in ’n ongeluk dood, terwyl 15 van sy passasiers en die bestuurder van ’n ander motor beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van die ER24-nooddiens, sê die botsing het Vrydag net ná 07:00 op Hendrik Potgieter-weg in Strubensvallei, wes van Johannesburg, gebeur.

“Dit taxi het op sy sy aan die ander kant van die pad gelê en die ander erg beskadigde voertuig het ’n ent verder gestaan,” sê hy.

Die bestuurder van dié taxi is Vrydagoggend dood en 15 van sy passasiers beseer. Foto: ER24

Die bestuurder is ernstig beseer en was in sy voertuig vasgekeer.

Die taxibestuurder het agter in die bussie tussen die vasgekeerde en beseerde passasiers gelê.

Hy is vermoedelik tot daar geslinger toe die taxi ná die botsing gerol het en was reeds dood toe die paramedici opdaag.

Sowel die bestuurder van die ander motor as een van die passasiers in die taxi, moes uit die wrakke gesny word, voordat hulle behandel kon word.

Die beseerdes se beserings wissel van gering tot ernstig en hulle is na verskeie hospitale gebring.

Meer oor:  Padsterfte  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.