Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, 2 beseer toe tenkwa by fabriek ontplof
Die skade aan tenkwa wat by ’n fabriek in Alberton ontplof het. ’n Man is dood en nog twee beseer in die voorval.Foto: Netcare 911/Twitter

Een man is dood en twee ander beseer toe ’n leë gas-tenkwa Saterdag by ’n fabriek ontplof, terwyl herstelwerk daaraan gedoen is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het omstreeks 14:30 by ’n fabriek in Alberton plaasgevind.

Die mans het sweiswerk aan die leë tenkwa gedoen. Dit is kort daarna dat die ontploffing plaasvind het en een van die mans noodlottig beseer is.

Volgens Herbst het paramedici probeer om die man by te bring, maar hy is op die toneel dood.

Een van die beseerdes het ernstige wonde opgedoen, terwyl die ander man slegs geringe beserings gehad het. Albei mans is op die toneel behandel en het geweier om hospitaal toe te gaan.

Meer oor:  Alberton  |  Sterfgeval  |  Beserings  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.