Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, 5 beseer op skip naby Durban

’n Brasiliaanse man is Dinsdag dood en vyf ander beseer aan boord ’n skip 28 seemyl van Durban af.

Die skip waarop een mens dood en vyf beseer is. In die agtergrond kan ’n Oryx-helikopter gesien word wat die beseerdes na ’n hospitaal in Durban vervoer het. Foto: Verskaf
Die Oryx-helikopter op die skip waar een mens dood en vyf bemanningslede beseer is. Foto: Verskaf
Die skip was 28 seemyl vanaf Durban. Foto: Verskaf

Jonathan Kellerman, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Durban, het die voorval in ’n verklaring bevestig.

“Die maritieme reddingskoördinasiesentrum (MRCC) het die NSRI, Netcare 911 en die Suid-Afrikaanse Lugmag se hulp ingeroep ná ’n ongeluk op die skip,” lui die verklaring.

Dit is onbekend van waar die skip is en ook wat op die skip gebeur het. “Die families is nog nie oor die voorval ingelig nie, daarom kan ons nie sê van waar die skip is en wat gebeur het nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, by navraag aan Netwerk24 gesê.

Twee helikopters van 15 Eskader van die lugmag en die Alick Rennie-reddingsboot van die NSRI is ingespan.

Die beseerdes was in die sorg van die skip se mediese personeel totdat die reddingspan opgedaag het.

“Die vyf beseerdes was in ’n stabiele toestand. Hulle is met ’n Oryx-helikopter na ’n hospitaal in Durban geneem,” lui die verklaring.

Die kaptein van die skip het versoek dat die lyk van die oorledene aan boord bly.

Meer oor:  Durban  |  Dood  |  Skip  |  Ongeluk  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.