Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 dood, talle beseer in taxi-ongeluk in Jhb
Een persoon is Donderdagoggend dood en verskeie beseer in ’n ongeluk op die M1 naby die Corlettweg-afrit in Johannesburg.Foto: Netcare 911

Een persoon is Donderdagoggend dood en verskeie mense beseer in ’n minibustaxi-ongeluk op die M1 naby die Corlettweg-afrit in Johannesburg.

“Die taxi het glo in ’n noordelike rigting gery toe dit omgeslaan het, oor die hoofweg se versperring geslinger is en op sy wiele te lande gekom het,” sê Chris Botha, woordvoerder van die nooddiens Netcare 911.

“Met paramedici en die brandweer se aankoms op die toneel het beseerde mense op die pad gelê. Sommige het kritieke beserings opgedoen, terwyl ander slegs lig beseer is. Een man is op die toneel dood.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na hospitale geneem is.

25 Mense is Donderdagoggend beseer in ’n botsing tussen ’n bakkie en ’n motor op die N1 naby die R21-afrit in Pretoria. Foto: ER24

* In ’n ander voorval is 25 mense Donderdagoggend beseer in ’n botsing tussen ’n bakkie en ’n motor op die N1 naby die R21-afrit in Pretoria.

“Na wat verneem word het een van die bakkie se bande gebars, waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het omgeslaan en die insittendes agterop die bakkie is afgeslinger,” sê Russel Meiring, ER24-woordvoerder.

“Die bakkie het op sy sy in die regterbaan van die hoofweg gelê.”

Twee van die 25 pasiënte het kritieke beserings opgedoen. Die ander 23 is lig tot matig beseer.

Nadat die beseerdes op die toneel behandel is, is hulle na verskeie hospitale in die gebied geneem.

Die verkeer in die gebied is erg deur die botsing ontwrig.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.

Meer oor:  Netcare 911  |  Er24  |  Motorongeluk  |  Ongeluk  |  Taxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.