Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 kind dood, 9 beseer toe leerling glo in hulle vasry

’n Gr. 12-leerling van Limpopo en sy pa is in hegtenis geneem ná ’n ongeluk waarin ’n 14-jarige seun dood is toe ’n bakkie in ’n groep leerlinge buite Tzaneen ingeploeg het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 18-jarige seun het verlede Donderdag glo sy pa se Nissan-bakkie sonder toestemming gevat, beheer daaroor verloor en in die leerlinge, wat tussen ’n sypaadjie geloop het, ingejaag. Die Nissan-bakkie is boonop onpadwaardig.

Koketso Raholane (14), ’n gr. 8-leerling aan die Mohlatlego Machaba Secondary School in die Ga-Motupa-nedersetting buite Tzaneen, is dood.

Hy het net klaar eksamen geskryf en was op pad huis toe. Hy is na ’n kliniek gehaas, maar is aan veelvuldige beserings dood.

Ngoepe sê nog nege leerlinge van die skool sterk tuis aan.

Die 18-jarige seun het Donderdag op aanklag van strafbare manslag in die landdroshof in Bolobedu verskyn. Hy word ook aangekla omdat hy ’n onpadwaardige voertuig sonder ’n geldige rybewys bestuur het.

Sy 54-jarige pa, wie se naam nie genoem word nie om die seun se identiteit te beskerm, is aangekla omdat sy seun ’n onpadwaardige voertuig sonder ’n rybewys bestuur het.

Die seun is in sy pa se toesig vrygelaat en hulle moet later vandeesmaand weer in dieselfde landdroshof verskyn. Die departement van onderwys in Limpopo ondersoek ook die voorval.

Meer oor:  Tzaneen  |  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.