Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 sterf, 1 beseer toe sweeftuig val
Die ongelukstoneel by Plettenbergbaai waar die sweeftuig geval het. Foto: Bitou Munisipaliteit-blad

’n Man is dood en nog een beseer toe ’n sweeftuig Maandagaand naby die Plettenbergbaai-lughawe in die Wes-Kaap neergestort het.

Volgens Wouter Jacobs, die plaaslike distrik se rampbestuurkoördineerder, het noodwerkers die insittendes uit die sweeftuig, wat net ná 18:00 geval het, bevry.

“Ek kan bevestig dat ’n man oorlede en nog ’n man in ’n kritieke toestand na ’n private hospitaal in Knysna geneem is,” het Jacobs aan Netwerk24 gesê.

Volgens Jacobs het die man ernstige beserings opgedoen.

“Paramedici en reddingswerkers het hulle na die toneel gehaas en hard gewerk om die twee mans uit die sweeftuig te bevry,” het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê. “Een van die mans is dood. Die ander man het veelvuldige beserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand na die hospitaal geneem. Niemand anders is in die voorval beseer nie,” het Campbell gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.