Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 uit 25 oorleef in minibus in nóg ’n Limpopo-ongeluk
Die ongelukstoneel

Die polisie in Modjadjiskloof buite Tzaneen in Limpopo ondersoek ’n saak van strafbare manslag na aanleiding van die motorongeluk wat Sondagaand omstreeks 22:00 langs die R81-pad tussen Mooketsi en Giyani plaasgevind het.

’n Bus en ’n Toyota Quantum-minibus het reg van voor gebots, lui ’n verklaring van kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder.

Daar is 24 insittende in die minibus, wat slegs 16 passasiers behoort te vervoer, op slag dood. Slegs een passasier het oorleef, maar het ernstige beserings opgedoen.

In die bus het die bestuurder en twee passasiers ernstige beserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

“Die bus het van Giyani na Mooketsi gereis en die minibus was van Mooketsi na Giyani onderweg. Die proses om die oorledenes te identifiseer, is steeds aan die gang,” sê Ngoepe.

“Die oorsaak van die botsing word deur die polisie ondersoek.”

Die ongeluk is die derde noodlottige ongeluk in Limpopo die naweek. Ses mense is vroeër in ’n botsing op die R81-pad dood toe ’n BMW en ’n Mercedes-Benz gebots het.

’n Bus en ’n bakkie het ook Saterdag gebots op die R71-pad, waar twee mense in die bakkie dood is en 78 buspassasiers beseer is. 

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, is luidens die verklaring ontsteld en hartseer oor die verlies van soveel lewens. Ngoepe sê Scheepers het lede van die gemeenskap verseker dat die polisie alles in hul vermoë sal doen om die oorsaak van die ongelukke vas te stel.

Meer oor:  Minibus  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.